Maroela Media-Buitebioskoop

Sat. 12 Sep, 2015 4:00pm - 11:45pm SAST
All Ages
Price: Free
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: Free
All Ages
Event Description
Maroela Media-Buitebioskoop

ʼn Afrikaanse buitebioskoop vir die hele gesin.


 Kaartjies sluit toegang, drie films en alle vermaak in.


Films wat vertoon word:  Hollywood in my huis en Die Pro (vir die eerste keer), Die Wonderwerker. Musiek deur Kaleidoskoop, Ricus Nel en MD Greyling. Fliekresensiewerkswinkel deur Leon van Nierop.


Bring jou gesin en kom fliek saam met ons in die buitelug om Afrikaans se 90ste verjaardag te vier!


Die program:


15:00 Hekke maak oop – kom kry jou piekniekplek vroeg!


16:00 Vermaak met Kaleidoskoop, Rikus Nel en MD Greyling skop af


16:00 tot 17:00 Fliekresensiewerkswinkel met Leon van Nierop by die Milk Plum-koffiewinkel langs die piekniekterrein (slegs indien plek bespreek is)


18:00 Fliek 1


19:30 Spesiale Maroela Media-toekenning aan ʼn ikoon in die Afrikaanse filmbedryf


20:00 Fliek 2


22:00 Fliek 3



Piekniekbondels teen R130. In jou piekniekbondel is: Ciabattabroodjie, plaasbotter met pesto, beessosatie met doopsous, hoendersosatie, tuisgemaakte worsrolletjie, mini-frittata, koeskoesslaai met heuningslaaisous en ʼn koeksister en sjokoladebruintjie vir nagereg – alles met sorg en ʼn kinkel vir jou voorberei deur Lorrainne (Kokkedoor-finalis).



 

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Die Botaniese Tuin Cussoniarylaan 2, Brummeria,
Pretoria, Gauteng, 0186