Boekbekendstelling van PROOI deur Deon Meyer

Tue. 23 Oct, 2018 at 10:00am SAST
All Ages
Price: R80.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R80.00
All Ages
Event Description

 



 


Human & Rousseau, Exclusive Books en die leeskringe van Pretoria nooi jou uit na die bekendstelling van PROOI deur Deon Meyer.


Etienne Bloemhof sal in gesprek wees met Deon Meyer.


Linette van der Merwe (mezzo) en Chris Mostert (tenoor) sal optree as gaskunsternaars.


Navrae: Clare Williams by 021 406 3477 of [email protected]
Leeskring navrae: Johan Talma by 083 556 8711 of [email protected]


PROOI
Deon Meyer


Kapteins Griessel en Cupido wil van meet af aan nie dié docket hê nie. Die een van Johnson Johnson, oud-poliesman, sy lyk gekry langs die treinspoor anderkant Drie Susters. Want die saak is weke oud. Yskoud. Opgeneuk deur die SAPD, afgedwing op die Valke. Twee passasiers op die wêreld se luuksste trein – waaruit Johnson klaarblyklik gespring het – is spoke. En die arrogante beamptes by die BBP-Beskermingseenheid lieg soos tannetrekkers. Oor kardinale inligting.


Negeduisend kilometer noord leef Daniel Darret sy nuwe, eenvoudige lewe in Bordeaux. Tot Ronnie May opdaag, en hom vra om nog een keer te jag. Sy prooi is die staatsgekaapte president van sy tuisland. Want dít is wat Daniel in die ou dae gedoen het, toe hy ’n laksman vir die Stasi en KGB was.


Kan die Valke die gemors betyds ontrafel om die sluipmoord te keer? Kan Daniel die meedoënlose Russiese agente ontglip wat hom tot elke prys wil elimineer? En gaan Bennie dit alles oorleef om eindelik vir Alexa Barnard te vra om te trou?

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Moreletapark Gemeente 1353 De Villebois Mareuil Drive, Pretoriuspark
Pretoria, GP 0081