Punk in Plakkies - Die lament van 'n lui anargis

Thu. 12 Nov, 2015 at 8:00pm SAST
18 and Over
Price: R100.00
18 and Over
  • Get Tickets
  • Details
  • Comments
Event Stats
Price: R100.00
18 and Over
Event Description
Punk in Plakkies - Die lament van 'n lui anargis

Hannes Brümmer is die Punk in plakkies.             


Die lui anargis. 'n Versigtige aktivis.


Dié komediant en akteur se eerste volwaardige Stand-up eenman-vertoning beloof om insig te gee tot sy unieke lewenssiening en 'n wye verskeidenheid onderwerpe kom onder die loep.Babelas en bedonderd, poog hy om eerlik en opreg die wêreld 'n beter plek te maak met staaltjies, kwinkslae en beredeneerde idees.


Die tweespalt tussen woord en daad kry uiting in 'n vertoning wat Afrikaans-, man-, waarnemer- en menswees ondersoek, met die hopelike gevolg van uitbundige lag, so bietjie verstaan en 'n liberale porsie van vooropgestelde idees omkrap. Die materiaal is 'n sameflansing van 'n tien jaar lange Stand-up loopbaan met ou onderwerpe wat nuwe lewe vind in heroorweging en nuwe waarnemings wat vrug vind in vertoning. Dan is daar die netelige sakie van 'n onlangse toevoeging tot die gesin wat alle vorige filosofieë handomkeer verander het.


Soos 'n Sex Pistols song wil hy in jou brein inwurm en soos 'n lui Sondag wil hy jou laat glo alles gaan oraait wees. Kom lag en dink in dieselfde asem, terwyl onderwerpe wat van verhoudings, politiek, Afrikaanse-musiek en drankverwante-retoriek af wissel, van sy al te gladde tong afspoel.


Daar mag dalk kragwoorde wees en verwysings na omgang. Beslis nie vir kinders of kinderlikes nie.

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Asbos Teater Klitsgras Drumming, Plot 62, Cnr Garsfontein & Tierpoort rd
Pretoria, Gauteng 0056
Join the Conversation

Follow the event with #asbos