A Feast from Nature | Kosteater
- Get Tickets
- Details
MET Truida Pekel, Shihaam Domingo, Frazer Barry en Deniel Barry
‘n Unieke ervaring van ons vroegste erfenis van kos, kultuur en musiek. Renata Coetzee se boek, A Feast from Nature, wat die eerste mense op die planeet se gebruike en resepte van see- en veldkosse belig, word op ’n luisterryke manier deur stories, musiek en ’n unieke kos-proe ervaring gevier.
Die KhoiKhoi-mense het vir duisende jare toegang gehad tot die mees diverse kosse op die planeet, wat hulle op ’n volhoubare manier bestuur het, deur seisoenaal te oes en slegs te gebruik wat benodig word. Die see, die veld en die volheid van hulle natuurlike omgewing was die inspirasie vir hul intieme verbintenis met die natuur en die kosmos wat ook hul ryk kultuur beïnvloed het.
Kos was dus vir hulle meer as ’n eet-ervaring. Die prosesse soos die versameling en die jag van hierdie kosse was gedryf deur hul kulturele raamwerk – wat hul geestelikheid, rituele, musiek en ’n diepe respek vir die natuur ingehou het.
Vandag wanneer jy die woord “/Ncha” hoor, verstaan jy ook dat dit lekker beteken in Kaapse Afrikaans.
Daardie woord “/Nchja” is ook afgelei van die KhoiKhoi woord /Nammi, wat liefde beteken.
In hierdie produksie nooi ons jou om saam met ons ’n fees en ervaring van stories, kos en musiek te beleef. Dit sal jou terugneem na ’n paar uur in die wêreld van ons prehistoriese voorouers – soos nog nooit vantevore nie.
Feesnavrae:
[email protected] | +27 61 5209041
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees