Afrikaans 100 Gedenklesing | Paarl

Thu. 8 May, 2025 4:00pm - 5:00pm SAST
Slegs vir volwassenes
59 days away
Slegs vir volwassenes
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
59 days away
Slegs vir volwassenes
Event Description


Afrikaans 100 Gedenklesings


Gedenklesings om hierdie mylpaal in Afrikaans se geskiedenis te vier en erkenning aan Afrikaans te gee word in die Weskaap en Gauteng aangebied.  Ons taaljuwele in die reis van Afrikaans, naamlik die Bo-Kaap, Genadendal, Paarl en Pretoria sal elk ’n noemenswaardige rol speel. Afrikaans het sy eerste tree in die Bo-Kaap gegee en dit is dus gepas dat die openingseremonie daar sal plaasvind met gedenkslesings wat in Genadendal, Paarl en Pretoria sal wees. Genadendal, sowat 135 km van Kaapstad, is ’n belangrike baken in die geskiedenis van Afrikaans. Dit is die tuiste van die eerste sendingstasie, die eerste Afrikaanse opleidingsentrum vir onderwysers was daar en De Bode van Genadendal (1859) was die eerste Afrikaanse koerant daar gedruk. Om hierdie geskiedkundige gebeure te herdenk, is daar ’n spesiale gedenklesing en huldeblyk oor en aan Afrikaans by Genadendal. Die Paarl het self diep spore in die taal getrap met onder meer die Eerste Afrikaanse Taalkongres wat in 1896 daar gehou is. Pretoria is ’n belangrike baken in Afrikaans. Dit is op 16 November 1855 gestig en die Universiteit van Suid-Afrika (1873) en die Universiteit van Pretoria (1908) is vandag steeds gerekende akademiese instellings.


8 Mei – 16:00 tot 17:00


Afrikaanse Taalmonument, Gabbema Doordriftsraat, Paarl


Gratis, maar kaartjies moet by Tixsa bespreek word


Slegs vir volwassenes




KOM IN KONTAK


012 880 2635


[email protected]


WERKURE


Kaartjieverkope Ondersteuning:



  • Maandag - Vrydag: 09:00 - 17:00

  • Saterdae: 10:00 - 14:00

  • Sondae: 10:00 - 13:00

  • Openbare Vakansiedae: 10:00 - 13:00

Comments
Reserve Tickets
Volwassenes + More Details Free
A 2.9% Merchant fee
and a R1.50 Gateway Fees will be applied to your order.
Venue Details
Map of Venue Location.
Afrikaans Taalmonument Gabbema Doordrift St
Paarl, Western Cape 7646