Afrikaans 100 | KOMEDIE

Sun. 10 Aug, 2025 2:00pm - 3:10pm SAST
Alle ouderdomme
79 days away
Alle ouderdomme
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
79 days away
Alle ouderdomme
Event Description


Afrikaans 100 met Lizz Meiring is die nuwe solo-produksie wat die 100-jarige bestaan van Afrikaans as amptelike taal vier. 


Lizz het die oorspronklike idee gehad en al vir maande lank is sy besig met die navorsing en samestelling van die vertoning – alles om 'n lekker, lagwekkende en soms verrassende kykervaring te skep!


In hierdie produksie neem Lizz jou op 'n reis deur elke dekade sedert Afrikaans in 1925 amptelik as 'n landstaal erken is.


Wat kan jy verwag? Sketse, stories, gedigte, verse, monoloë, nuusberigte, en selfs ou advertensies – wat baie interessant is, want die eerste Afrikaanse advertensies was vir medisyne, salwe, pille, strope en poeiers! (Wie sou dit nou nie wil weet nie?)


Lizz is al maande besig om alles saam te stel en haar navorsing was nie net "blaai deur die boeke" nie – nee, sy het die hele Afrikaanse kultuurlandskap deurkruis om die mooiste (en soms vreemdste) oomblikke te kry om met haar gehoor te deel.


Die vertoning is nie net slim en vermaaklik nie, maar dit sal ook jou hart warm maak van lag en soms ‘n stukkie nostalgie.


Pinotage 100 Wynproe voor vertoning.


Tydsduur: 70 min


Ouderdomsbeperking: Geen




Kaartjienavrae:


Telefoon: 012 880 26 35


e-pos: [email protected]


www.kalfiefees-hermanus.co.za  


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Comments
Get Tickets
VisaMasterCardSID Instant EFT
Venue Details
Map of Venue Location.
Sandbaaisaal 71 Hoofweg
Sandbaai, Hermanus 7200
Join the Conversation

Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees