Afrikaans 100 Feesmark – Kom makietie saam!

Sat. 25 Oct, 2025 11:00am - 7:00pm SAST
Geskik vir die hele gesin
Geskik vir die hele gesin
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Geskik vir die hele gesin
Event Description


Afrikaans 100 Feesmark – kom makietie saam!


Afrikaans 100 sluit sy veldtog om Afrikaans as Amptelike Taal te vier af met ‘n groot kuier vir die hele gesin op Saterdag 25 Oktober by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl.


Kom proe hoe Afrikaans smaak by die Kos- en Kunsmark met tradisionele disse vanoor die hele Suid-Afrika en geniet “craft” bier en wyn uit die Wes-Kaapse wynlande.


Daar is stalletjies met handgemaakte items, ‘n kinderarea waar die kinders veilig besig gehou sal word, ‘n braaikompetisie vir hoërskole en natuurlik musiekkunstenaars wat alle smake sal bevredig.


Daar is optredes deur rieldansers, volkspele-groepe, en die kunstenaars is: Rjay en LK, Jitzvinger, Marsha Bothma, Selby Williams, Nadia Louw, David Fourie, Nadine en Jak de Priester en die Kaapse Lawaaimakers.


Die seremoniemeesters vir die dag is Lyntjie Jaars, Danneline Ramsden en Dean Smith.


Bring die hele gesin en vier vir oulaas Afrikaans as ‘n Amptelike Taal saam!


R60 en gratis toegang vir 13 jaar en jonger.




KOM IN KONTAK


012 880 2635


[email protected]


WERKURE


Kaartjieverkope Ondersteuning:



  • Maandag - Vrydag: 09:00 - 17:00

  • Saterdae: 10:00 - 14:00

  • Sondae: 10:00 - 13:00

  • Openbare Vakansiedae: 10:00 - 13:00

Comments
Reserve Tickets
Laerskoolkinders + More Details Free
Hoërskoolkinders | Volwassenes R60.00
Venue Details
Map of Venue Location.
Afrikaans Taalmonument Gabbema Doordrift St
Paarl, Western Cape 7646