Afrikaans 100: Taaltoer deur die Bo-Kaap
- Get Tickets
- Details
Afrikaans 100: Taaltoer deur die Bo-Kaap
Een taaltoer: 09:30 tot 11:30
Die toer begin by die Bo-Kaap Cultural Hub. Trek jou stapskoene aan, bring ’n bottel water en wees deel van hierdie unieke staproete van 1,6 km. Elke kaartjiehouer ontvang ’n ligte peuselhappie asook ’n unieke versameling van Kaap-Maleise resepteboeke.
Die roete is as volg:
• uitstalling by die Cultural Hub;
• stap af in Almondastraat en wys hoe die Nederlandse straatname steeds deel van die Bo-Kaap se daaglikse lewe is;
• praatjies oor die Bo-Kaap as boerderygebied en die uitwys van verskeie bome wat geplant is;
• besigtig Spolanderhuis;
• stap af in Dorpstraat met ʼn gesprek oor argitektuur en gentrifikasie, en besoek die Auwal-moskee die eerste moskee in Suid-Afrika en besigtig die handgeskrewe Koran;
• besoek die Bo-Kaap-muurskildery;
• stap af in Chiappinistraat en ’n gesprek oor die belangrikheid van die behoud van taal en kultuur.
Vrydag 9 Mei 2025
Een toergroep: 09:30 tot 11:30
Kaartjies: R350 per peroon
Bespreek jou plek by Tixsa
Betaal vir jou kaartjies by die Bo-Kaap Cultural Hub (kaartfasiliteite beskikbaar)
KOM IN KONTAK
012 880 2635
WERKURE
Kaartjieverkope Ondersteuning:
- Maandag - Vrydag: 09:00 - 17:00
- Saterdae: 10:00 - 14:00
- Sondae: 10:00 - 13:00
- Openbare Vakansiedae: 10:00 - 13:00