Agter elke man – die musiekblyspel

Veelvuldige datums & Tye
Ouderdomsbeperking: 13 jaar
Ouderdomsbeperking: 13 jaar
  • Kry kaartjies
  • Besonderhede
Event Stats
Ouderdomsbeperking: 13 jaar
Event Description

’n Geliefde verhaal uit die goue era van Afrikaanse televisie kry nuwe lewe op die verhoog.


Agter elke man – die musiekblyspel bring bekende karakters, humor en verhoudings van die oorspronklike reeks na ’n nuwe generasie – met oorspronklike musiek en ’n vars verhoogervaring.


Elandré vertolk die rol van Bruce Beyers, met Amanda Strydom as die onvergeetlike Antie Stienie. Onder regie van Jannes Erasmus, met oorspronklike musiek deur Johan Vorster en Jacomien de Wet, word dié geliefde Afrikaanse storie in ’n kleurryke 80’s-wêreld opnuut vertel.


Die produksie is geskoei op die oorspronklike Agter elke man-televisiereeks en -film en het ’n ouderdomsbeperking van 13 jaar weens volwasse temas, insluitend tonele en verwysings na geweld, dwelms en alkoholgebruik.


Het jy enige navrae oor die produksie, kaartjies of jou besoek aan die teater? 
Kontak die AfriForum Teater-span gerus by


E-pos: [email protected]
Skakel / WhatsApp:
+27 66 420 6181


Of gesels sommer direk met ons op WhatsApp! Klik hier!

Reserveer kaartjies
Kies asseblief 'n beskikbare datum en tyd:

Venuebesonderhede
Map of Venue Location.
AfriForum Teater Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison en, 13th St, Menlo Park
Pretoria, Gauteng 0081