Akustika Chamber Singers - DUSK
- Get Tickets
- Details
DUSK
AKUSTIKA CHAMBER SINGERS | GALAKONSERT
Daar is ’n vlietende oomblik tussen lig en donker wanneer die wêreld sy asem ophou en die stilte vir ’n oomblik ewig voel…
DUSK – SKEMER. Daardie betowerende uur wanneer die dag sy laaste lig oor die aarde strooi, skaduwees saggies langer word en die nag haar sluier oor die wêreld trek.
Dis ’n tyd van verwondering. Van verlange en verganklikheid. Waar lig en donker mekaar vir ’n oomblik ontmoet en stilte in musiek ontvou.
Op 14 November nooi die internasionaal bekroonde Akustika Chamber Singers, onder leiding van Christo Burger, jou na ’n besonderse musikale belewenis.
’n Aand waar stemme soos skemerlig vervleg, harmonieë die stilte omhels en musiek gestalte gee aan dit waarvoor woorde soms ontbreek.
DUSK – Waar die dag sy laaste asem uitblaas en musiek die stilte oorneem.
Nazareth House Chapel, Pretoria
14 November | 17:00
_____________________
DUSK
AKUSTIKA CHAMBER SINGERS | GALA CONCERT
There is a moment between light and darkness when the world falls silent, if only for a breath…
DUSK – TWILIGHT. That enchanting threshold between day and night, where the last light fades, shadows grow longer, and silence gives way to music.
On 14 November, the internationally acclaimed Akustika Chamber Singers, under the direction of Christo Burger, invite you to an extraordinary musical experience.
An evening where voices and harmonies capture the beauty, mystery, and emotion of twilight.
DUSK – Where daylight draws its final breath, and music takes over the silence.
Nazareth House Chapel, Pretoria
14 November | 17:00

- Twitter: @akustika_choir
- Instagram: @akustika_choir
Follow the event with #akustikasingers