Anton van Wouw Verefees 2018

Sat. 15 Sep, 2018 2:00pm - 11:45pm SAST
All Ages
R0.00 - R160.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
R0.00 - R160.00
All Ages
Event Description
Anton van Wouw Verefees 2018

Dié heerlike Verefees word jaarliks aangebied met die doel om ‘n gesellige saamkuier-geleentheid vir al ons Wouwtjie-gesinne te skep, maar ook om die skooltrust se fondse aan te vul. Dié fondse word die jaar aangewend om die Pre-primêr skool uit te brei, wat ‘n onmisbare voedingsbron vir die Laerskool is.


Die hele ouergemeenskap word betrek by hierdie besonderse aand, wat bekend is vir sy héérlike kos, opwindende kinderaktiwiteite en uitstallers.


Daar word ‘n graadhok vir elke graad op die rugbyveld gespan waarbinne die grade kuier, terwyl daar lekker kos voorberei word. Die hok is onder beheer van ‘n gasvrou en hulp-gasvrouens. U kan gerus vir die kinders iets inpak om te eet as hulle nie van die kos gaan eet nie, of daar is kosstalletjies ook beskikbaar.


Kinderaktiwiteite:


Verskeie pretrit-aktiwiteite van 14:00 tot 22:00.


Die kinders gaan ruil hulle kaartjies by die kaartjiekantoor (agter die Rekreasiesentrum) in en ontvang ‘n pretritbandjie, waarmee hulle soveel ritte kan doen as wat hulle kan inpas.


Daar is ook individuele pretritkaartjies teen R10 elk beskikbaar. (as jy nié ‘n pretritbandjie het nie)


Kosstalletjies:


Met allerhande lekker eet- en drinkgoed.


Uitstallers:


Verskeie stalletjies om die krieketblad.


Veiling:


Daar gaan ‘n opwindende veiling om 20:30 plaasvind. Indien u enigiets kan skenk, kontak asb. vir Jaco van Heerden (082 415 9916)


‘n Paar voorbeelde:



  • Enigiets vir die mans : jagmes, jagbaadjie, 4x4- bykomstighede;

  • Enigiets vir die dames : spa, handsak, mooi-maak-goedjies;

  • Opgesaagde skaap, bok wat geskiet kan word;

  • Jagnaweek of vakansiehuis;

  • ‘n Diens wat u kan lewer…


Motorkompetisie:


Staan ‘n kans om ‘n Nuwe Toyota 1.5XL Yaris te wen. ‘n Kaartjie kos slegs R225 en daar is hoogstens 3500 kaartjies te koop. Die trekking vind plaas op 15 September om 21:00.


 

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Laerskool Anton van Wouw 258 Lange Street, Nieuw Muckleneuk
Pretoria, Guateng 0181
Join the Conversation

Follow the event with #wouwtjies