Wat om te doen as die wêreld brand | Kabaret
- Get Tickets
- Details

Wat om te doen as die wêreld brand: ’n Skerp, humoristiese kabaret oor hoe om sin te maak van ’n wêreld in chaos
Met: Elzabé Zietsman
Teks: BiBi Slippers
Musiekregisseur: Jody Jason Peterson
Regie: BiBi Slippers
Vervaardiger: Drama Drama
Wat om te doen as die wêreld brand is ’n splinternuwe kabaret wat spesiaal vir Elzabé Zietsman geskep is deur digter en skrywer BiBi Slippers.
In ’n tyd waar dit voel asof die wêreld letterlik en figuurlik aan die brand is – van klimaatskrisisse en politieke verdeeldheid tot geweld en globale onsekerheid – vra die produksie: hoe bly mens by jou gesonde verstand?
Met verwysing na ons ingeboude “negativity bias” en die gevoel dat elke generasie deur sy eie eindtye leef, ondersoek die kabaret waar mense werklik hoop, perspektief en inspirasie kan vind.
Ernstige temas word gebalanseer met skerp humor en aweregse insig, terwyl persoonlike ervarings, staaltjies en sogenaamde “waterdigte raad” verweef word met bekende liedjies – alles gefilter deur Elzabé se unieke styl en vertolking.
Teen die einde van die vertoning sal gehore nie net vermaak wees nie, maar dalk ook ’n antwoord hê op die groot vraag: wat om te doen as die wêreld brand.
Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees
