Beeld Vrouefees
- Get Tickets
- Details

Beeld nooi sy vrouelesers uit om ‘n blaaskans saam met ander vroue te kom geniet by die 2023 Vrouefees, wat by die prag venue Avianto in Muldersdrift aangebied word.
Bring ‘n vriendin of sommer ‘n paar vriendinne en vergeet ‘n slag van al die dinge wat die lewe soms so ‘n uitdaging kan maak.
Die program is propvol interessante raakpunte, waaronder ’n Willem Botha-“Masterclass”, middagete saam met Leah, motiveringspraatjie deur Nadine Blom, Beeld-verbruikersgesprek deur Karla Janse van Vuuren, musiekoptrede deur Jemma Catherine, 'n kuiermark en nog vele meer.
Die jaar is daar 'n aansit ete keuse tussen:
- Geurige botterhoender, sambals en rys OF
- Beesvleis-en-sampioen-stowegereg in ’n ryk rooiwyn-jus voorgesit op parmesaan-kapokaartappels saam met baba-uie.
Beeld sal met jou jou in kontak wees om jou opsie te bepaal en om vas te stel sou jy enige spesiale dieetbehoeftes he.
’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.
Moenie vergeet om ‘n handsak met sanitêre en/of skoonheidsbenodighede vir vroue in nood saam te bring nie.
Elke dame ontvang ’n geskenksakkie en 'n bottel water aan tafel.
Registrasie open om 08:00 - 08:45, bring dus jou kaartjie saam. Die program begin stiptelik om 09:00 en deure sal toegemaak word.
TYD | GELEENTHEID | AANBIEDER |
08:00 - 08:45 | Aankoms / Registrasie | |
09:00 - 09:30 | Musiek optrede | Jemma Catherine |
09:30 - 09:35 | Verwelkoming | Leah |
09:35 - 12:35 | "Masterclass" | Willem Botha |
12:35 - 13:00 | Breek | |
13:00 - 13:30 | Middagete saam met Leah | Leah |
13:30 - 14:30 | Kuiermark | |
14:30 - 15:00 | Beeld Verbruikersgesprek | Karla Janse van Vuuren |
15:00 - 15:30 | Motiveringsgesprek | Nadine Blom |
15:30 - 16:30 | Afsluiting / Kuiermark |
Vir kaartjienavrae kontak ons kaartjievennoot, TIXSA:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
Follow the event with #BeeldVrouefees