Better Together - Albert Meintjes & Tanja Storm
- Get Tickets
- Details
- Comments
Blues, Folk, Acoustic, Rock!, wanneer dit kom by musiek is dit ‘n universele taal vir liedjieskrywers Albert Meintjes en Tanja Storm.
In ‘n tipiese boksie wêreld sal mens dink dat Albert en Tanja se musieksmaak- en styl hemelbreed verskil. Tog is hul eens dat ‘n liedjie self bepaal wat hy wil maak en kan jy nie vir ‘n lied vooraf besluit hoe hy moet klink nie. Die note vloei en die woorde gly melodies daaroor en een lied kan jou op ‘n nostalgiese reis neem van Blues, Rock en vele meer - als opgesluit in een.
Vir enige kaartjie navrae kontak ons kaartjievennoot TIXSA.
TELEFOON:
012 880 26 35
WERKSURE:
MAANDAG - VRYDAG 9VM – 5NM
SATERDAE 10VM – 4NM
SONDAG 10VM -1NM
PUBLIEKE VAKANSIEDAE: 10VM – 1NM
Tanja Storm
Tanja Storm is produktief, entoesiasties, kreatief en begaafd, 'n veelsydige en bekwame sanger, instrumentalis en musiekregisseur. Sy het haar debuutalbum in 2009 vrygestel en het eers onlangs teruggekeer ateljee toe, ná jare se suksesvolle projekte met verskeie coverbands en teaterwerk. Talle van haar enkelsnitte het nommer 1 op ons plaaslike SA musiektrefferlyste getref en haar musiekvideo's word gereeld op KykNet uitgesaai. In 2019 het sy haar nuwe album, “Ek is Oppad”, vrygestel met haar gewilde trefferliedjie “Hi Hi” ’n ode aan Mosselbaai. Vroeg in 2020, toe die Covid-19-uitbreking as ’n pandemie verklaar is en Suid-Afrika toegesluit het, moes Tanja, soos baie ander kunstenaars, feeste, toere en ander optredes kanselleer. Sy het egter nie teruggedeins nie en op afstand saam met ander kunstenaars gewerk om aanlyn optredes te hou en nuwe liedjies vry te stel. Boonop het sy 3 splinternuwe oorspronklike enkelsnitte vrygestel gedurende die afsluitseisoen en selfs 'n temalied vir 'n dokumentêr verwerk en opgeneem.
- Instagram: @asbos_teater
Follow the event with #asbos