Bobby Van Jaarsveld - Die Eerste 10 Jaar!

Fri. 30 Mar, 2018 at 8:00pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description


 


“Ek is tien wonderlike jare geleen.”


So gesels Bobby van Jaarsveld oor sy jongste album, Bobby van Jaarsveld: Die eerste 10 jaar, ʼn album met al sy grootste treffers van die afgelope dekade. “Mens tel nie noodwendig elke jaar nie, en dan, op ‘n dag, besef jy doen nou al tien jaar lank waarvoor jy so lief is. Dis nogal besonders.”


 Die album bevat al die publiek se grootste gunstelinge, asook twee splinternuwe snitte, waarvan een in Engels is. “Ek wou nog altyd iets in Engels doen, en ek is baie opgewonde oor It’s Always Been You, wat ek saam met André Scheepers geskryf het. Ons glo die publiek gaan ook baie daarvan hou.” Hy glo die ander nuwe snit, Middernag Serenade (geskryf deur Johan Vorster) sal tot elke romantiese hart spreek. As bonus het Van Jaarsveld ook ʼn nuwe verwerking van Boemelaar, een van sy persoonlike gunstelinge, ingesluit. “Ek het ook besluit om So klink ‘n hart, wat ek destyds vir Eden geskryf het, self op te neem vir hierdie album.”


 Die baie gewilde sanger – hy is al ‘n yslike 32 keer bekroon met toekennings wat wissel van manlike kunstenaar van die jaar tot album van die jaar – sê dit bly vir hom ‘n groot voorreg om daagliks sy passie vir musiek te kan uitleef. “Toe ek op agtien my eerste album uitgereik het, het baie mense my gewaarsku om nie so vroeg ‘n loopbaan in hierdie baie kompeterende bedryf aan te pak nie, maar vandag is ek baie bly ek het wel begin op daardie ouderdom!”


Oor sy sukses is hy baie beskeie. “Dis alles net Genade.”

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
The Barnyard Theatre Plett Antlers Lodge, Askop Road The Crags
Plettenberg Bay, Western Cape 6602
Join the Conversation

Follow the event with #AfterDarkPlett