Boekbekendstelling van PROOI deur Deon Meyer by Weylandts

Tue. 23 Oct, 2018 at 6:00pm SAST
All Ages
Price: R80.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R80.00
All Ages
Event Description

 


Prooi Weylandts Uitnodiging


 


Human & Rousseau, Exclusive Books nooi
jou uit na die bekendstelling van PROOI deur Deon Meyer.


Etienne Bloemhof sal in gesprek wees met Deon Meyer.


Swing Party Band sal optree as gaskunsternaars.


Navrae: Exclusive Books Brooklyn by 012 346 5864


PROOI
Deon Meyer


Kapteins Griessel en Cupido wil van meet af aan nie dié docket hê nie. Die een van Johnson Johnson, oud-poliesman, sy lyk gekry langs die treinspoor anderkant Drie Susters. Want die saak is weke oud. Yskoud. Opgeneuk deur die SAPD, afgedwing op die Valke. Twee passasiers op die wêreld se luuksste trein – waaruit Johnson klaarblyklik gespring het – is spoke. En die arrogante beamptes by die BBP-Beskermingseenheid lieg soos tannetrekkers. Oor kardinale inligting.


Negeduisend kilometer noord leef Daniel Darret sy nuwe, eenvoudige lewe in Bordeaux. Tot Ronnie May opdaag, en hom vra om nog een keer te jag. Sy prooi is die staatsgekaapte president van sy tuisland. Want dít is wat Daniel in die ou dae gedoen het, toe hy ’n laksman vir die Stasi en KGB was.


Kan die Valke die gemors betyds ontrafel om die sluipmoord te keer? Kan Daniel die meedoënlose Russiese agente ontglip wat hom tot elke prys wil elimineer? En gaan Bennie dit alles oorleef om eindelik vir Alexa Barnard te vra om te trou?

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Weylandts Brooklyn Mall, Pretoria Winkel 45, Brooklyn Mall, Bronkhorststraat 338, Muckelneuk, Pretoria
Pretoria, GP 0181