BRANDEWYN EN MELKTERT

Thu. 27 Feb, 2020 at 7:30pm SAST
All Ages
Price: R130.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R130.00
All Ages
Event Description
BRANDEWYN EN MELKTERT

BRANDEWYN EN MELKTERT met BLACKIE SWART EN JANNIE MOOLMAN


Brandewyn en melktert is lekker op hulle eie, maar die twee saam is heerlik!


So is die musiek van Blackie Swart en Jannie Moolman ook – 90 minute se musiek deur twee legendes. Blackie is meer as net Liewe Lulu en Jannie is meer as net Nessum Dorma. Van Liewe Lulu tot O Boereplaas, van Dire Straits tot Engelbert Humperdinck en tussenin Koos du Plessis, Johannes Kerkorrel, Lucas Maree en ‘n paar lekker verrassings om die aand mee af te rond. Brandewyn en Melktert is ‘n aand propvol nostalgiese musiek deur twee legendes van die Afrikaanse musiekbedryf. Tussendeur bly die humor ook nie agter nie en staaltjies uit hulle honderde optredes en verskeie toere laat die gehoor skaterlag. Ons vind wel deur die loop van die aand uit wie is Brandewyn en wie is Melktert!


 


Jannie en Blackie is albei reeds meer as 20 jaar in die musiekbedryf en saam met vervaardiger Giep van Zyl het hulle ‘n konsert bedink wat wyd byval sal vind. In Brandewyn en Melktert sal gehore nie net van Jannie en Blackie se bekendste musiek hoor nie, maar hulle sing en speel ook musiek van hulle eie helde. Elkeen van hulle word so bietjie uit sy eie gemaksone gehaal met ‘n paar uitdagende liedjies en hulle sing ook nuwe musiek wat eersdaags op elkeen se splinternuwe CD verskyn.

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Centurion Teater/Theatre 123 Amkor Road
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre