Brendan Peyper en Ché by Monte Dome

Sun. 18 Apr, 2021 3:00pm - 6:00pm SAST
All Ages
Today
R200.00 - R250.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Today
R200.00 - R250.00
All Ages
Event Description
Brendan Peyper en Ché by Monte Dome

Kos stalletjes, Gin bar, craft beer en drafts beskikbaar. Geen eie drank of kos word toegelaat nie.


Vir enige kaartjienavrae, kontak ons kaartjievenoot, TIXSA by:


012 880 26 35  / [email protected]


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm-5nm


Satderdae: 10vm-4nm


Sondae: 10vm-1nm


Brendan Peyper

Brendan Peyper is Suid-Afrika se nuutse blou-oog sangsensasie. Die 18-jarige boerseun van Bloemfontein het in 2014 matrikuleer by Jim Fouche Hoërskool en beplan om daarna klankingenieurswese te gaan swot. Die liefde vir musiek het egter die sterkste deur sy are gepols en hom laat besluit om sy rugbytokse en teksboeke vir eers opsy te skuif en sy droom om ‘n professionele sanger te word, volstoom na te jaag.

Reeds van kleins af het Brendan `n besonderse slag met gehore gehad, met `n kitaar in die hand en opregte, aansteeklike lirieke wat enige man kan laat verlang na iemand wat hy nie ken nie en enige meisie se bene kan lam toor.

Sy eerste enkelsnit, ‘Stop, wag, bly nog `n bietjie’, is `n unieke en energieke vermenging van pop en rock klanke, maar met `n sterk akoestiese ondertoon wat sonder enige twyfel bestem is om trefferlyste, kuiers en dansvloere regoor Suid-Afrika te verower!

“Dit was `n groot besluit om my studies vir eers te los, maar dit was `n weldeurdagte een,” sê hy. “Musiek is my alles en dis my hartsbegeerte om mense se lewens daardeur aan te raak en te verander. Daar sal altyd nog tyd wees om `n gewone ou te wees en die dinge te doen wat ek graag doen – soos om rugby en rekenaarspeletjies te speel en saam met pelle te kuier – maar, met genade van Bo, gaan ek voluit om iets groots hiervan te maak. Die terugvoer is sover fantasties en ek is baie opgewonde oor die vooruitsigte!”

Comments
Reserve Tickets
TOEGANGSKAARTJIE R200.00
VIP KAARTJIE + More Details R250.00
Venue Details
Map of Venue Location.
Monte de Dios Dome 106 Achilles Street
Pretoria, GP 0081
Join the Conversation

Follow the event with #BrendanPeyper