Chris Chameleon in KAT & WOLF

Fri. 4 May, 2018 at 7:00pm SAST
16 and Over
16 and Over
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
16 and Over
Event Description
Chris Chameleon in KAT & WOLF

Chris Chameleon en Daniella Deysel is Kat & Wolf. Hierdie musikale projek is gebore uit die begeerte van beide hierdie kunstenaars om buite die kou van hul gevestigde name op vryer vleuels met beeld, klank en kostumering in die ongewone wildernis van hul verbeelding te sweef.


In ‘Kat & Wolf’ breek Chris en Daniella weg van die konvensie van hul respektiewelike korpusse en slag die heilige koeie van verwagting, die selfvonnis van beroepsklassifisering en die maak-vir-smaak eise wat gestel word aan diegene wat hul wend tot die waan van ‘n lewensvatbare musiekloopbaanbestaan. 


Kat & Wolf is nie bang vir die donker nie, skrik nie vir bloed nie, is ernstig oor speel en speel met erns. Toonsettings van dele uit die HAT, aanhalings uit kunsgeskiedenis naslaanwerke, die elektrisiteit van seksualiteit en die soeke na die sinvolste verkenning van vals sang is van die onderdele van hierdie aweregse konsertreis.


Chris gee ook altyd, êrens in sy vertoning vir gehore die geleentheid om hulle gunstelinge te versoek!

Comments
Select Tickets
Online sales are currently paused.
Venue Details
Map of Venue Location.
Moditlo Event Hub Moditlo Private Game Reserve, Main Gate, R40
Hoedspruit, Limpopo 1380
Join the Conversation

Follow the event with #gkhotelschool