CHRIS STEYN - LIVE @ LAST

Sat. 29 Jul, 2017 at 7:30pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description
CHRIS STEYN - LIVE @ LAST

Chris Steyn - Live @ Last A Evening of Jazz and Blues Cabaret; Jazz & Blues


Chris Steyn en Johan Erasmus is beide van Potchefstroom, waar hulle mekaar in 1997 ontmoet het, Chris as 'n skolier en uitvoerende kunstenaar en Johan as musiekregiseur 


 Na vele kunstefeeste, kabarette, burlesque vertonings, ballette en  teateropvoerings in Suid-Afrika sowel as in London, Engeland het Chris se pad weereens met Johan in die akkerstad gekruis.


Chris was reg vir 'n solo vertoning met musiek wat hom na aan die hart gelê het en Johan was reg vir aftree na die rustigheid van sy huis in Mosselbaai. 


Maar na een verruklike aand van goeie geselskap en Jazz - die genre wat beide se hartklop gesinkopeerd laat klop - besluit die duo om hul show saam te doen. Dus die titel: "LIVE @ LAST" 


LIVE @ LAST"  is die bymekaarkom van twee individue se jarelange liefde vir Jazz, blues en die avant garde.  Dit oorskry die grense van tyd, milieu, geslag, ouderdom, portuur, ras en al die fieterjasies wat mense so aanhang.  Verwag melodieë van George Gerswin, Cole Porter, Harry Connick Jr, Nina Simone, Jacques Brel, Irving Berlin en selfs die Cranberries.  Dis 'n terugblik na die: ''roaring 20's and the Gatsby Jazz era'' - (Herald) maar ook 'n uitkyk na die hede en toekoms.


 


Kom en vergeet jou sorges vir aand saam met ons, herleef die goeie en word geïnspireer vir die toekoms.

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Centurion Theater 123 Amkor RD.
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre