Churchil Naude en Die Wasgoedlyn | MUSIEK | STORIES

Sat. 2 Aug, 2025 6:00pm - 7:10pm SAST
Alle ouderdomme
69 days away
Alle ouderdomme
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
69 days away
Alle ouderdomme
Event Description


Churchil Naude en Die Wasgoedlyn


Koos Kombuis oor Churchil: “My gunsteling-rap-ster is ’n nuwe kalant van Mitchells Plain met die naam Churchil Naudé (met een “l” om hom van Winston Churchill te onderskei). 


Hierdie ou kan nog groot gaan in ons taal se musiek; groter as Jack Parow, so groot soos Tafelberg.”


As Kroeskop vol geraas 'n uitmuntende debuutalbum was, dan het Churchil verseker homself oortref met sy Kroesiefaaid, sy nuutste plaat, wat weereens deur Riku Lätti van Wasgoedlyn Produksies vervaardig en musikaal versorg is


Churchil se woorde word as uitstekende poëtiese tekste beskou wat nie wegskram van belangrikse sosiale kwelpunte nie, dog is dit gemik op 'n alledaagse gehoor, dit slaan hard, is hoogs verstaanbaar, onopgesmuk, sonder om platvloers te wees.


Hierdie twaalf snitte spog met samewerkings van al Churchil se helde: Musikante soos Bacchus Nel, Anton Goosen, David Kramer en Jannie Hanepoot van Tonder lewer kleur en geur aan die alreeds uitstekende werk.


Churchil beplan om Afrikaans te vat waar dit nooit kon gaan nie en om dit weer ‘cool’ te maak vir veral mense op die Kaapse vlakte. “Ek wil jong laaties wys dat ons nie die Amerikaners hoef na te boots nie want ons het ons eie stories om te vertel.”


Churchil Naude, gaan nog groot wees, soos Koos Kombuis gesê het.  “Dis net 'n kwessie van tyd”, om Churchil se eie woorde te gebruik.


Tydsduur: 70 min


Ouderdomsbeperking: Geen





Kaartjienavrae:


Telefoon: 012 880 26 35


e-pos: [email protected]


www.kalfiefees-hermanus.co.za  


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Comments
Get Tickets
VisaMasterCardSID Instant EFT
Venue Details
Map of Venue Location.
Hawston Sekondêre Skool 1938 Kerkstraat
Hawston, Hermanus 7202
Join the Conversation

Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees