Coffee Snobs bied aan: Trein na Pretoria – die lewensverhaal van ‘n vrou

Sun. 17 Aug, 2025 at 3:00pm SAST
Alle ouderdomme
Alle ouderdomme
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Alle ouderdomme
Event Description
Coffee Snobs bied aan: Trein na Pretoria – die lewensverhaal van ‘n vrou

Trein na Pretoria is ’n musiekteaterproduksie wat die hartklop van vrouwees vasvang – ’n verhaal wat in soveel lewens eggo. Hierdie roerende vertelling volg die reis van een vrou, van haar eerste voetstappe as ’n onskuldige meisie met drome groter as haar dorpie, tot die laaste kyk oor haar skouer as sy vir oulaas totsiens sê. Dié produksie bring hulde aan die diep, soms sagte en soms stormagtige fases van die vroulike bestaan – van dogter tot ouma – en doen dit met ’n ryk klankbaan vol emosie en herinnering.


Elke lewensfase word ingekleur met oorspronklike musiek wat die siel aanraak: Die opgewondenheid van jong dame, die rebellie en vryheid van jonkwees, die soet en soms ingewikkelde liefde van die eerste hartklop, die ontwaking van moederskap – ’n wondere wêreld van opoffering, liefde en terugkom aarde toe! Die storie neem ons ook deur die kalmer jare van wysheid en refleksie, en eindig met ’n sagte afskeid – een wat meer viering as verlies is.


Gegrond op ’n ware verhaal – die van elke vroue – is Trein na Pretoria ’n viering van haar gees. Dié produksie is nie net ’n voorstelling nie; dit is ’n reis, ’n brief aan elke vrou wat al gevoel het sy is nie genoeg nie, elke ma wat in stilte gehuil het, elke dogter wat haar plek in die wêreld probeer vind. Dit is vir die oumas wie se stories in gesange leef, en vir die jong meisies wie se drome nog ongeskryf is.


Met deernis, humor en rou eerlikheid, nooi Trein na Pretoria die gehoor om saam te ry – op daardie trein van herinnering, verlies, liefde en lewe.


Comments
Get Tickets
VisaMasterCardSID Instant EFT
Venue Details
Map of Venue Location.
AfriForum Teater Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison en, 13th St, Menlo Park
Pretoria, Gauteng 0081