Punk in plakkies
- Get Tickets
- Details

Die lament van ‘n lui anargis.
Hannes Brümmer is die punk in plakkies. Die lui anargis. ‘n Versigtige aktivis.
Dié komediant en akteur se eerste volwaardige Stand-up eenman-vertoning beloof om insig te gee tot sy unieke lewenssiening en 'n wye verskeidenheid onderwerpe kom onder die loep. Met skreeusnaakse gevolge praat hy (amper) kaalvoet die waarheid oor die uitdagings betrokke by rewolusies vanuit ‘n leunstoel.
Die materiaal is 'n sameflansing van 'n tien jaar lange Stand-up loopbaan met ou onderwerpe wat nuwe lewe vind in heroorweging en nuwe waarnemings wat vrug vind in vertoning. Dan is daar die netelige sakie van 'n onlangse toevoeging tot die gesin wat alle vorige filosofieë handomkeer verander het.
Ter viering van ‘n dekade in die komediebedryf bied Hannes Brümmer aanhangers die eksklusiewe geleentheid om dié eenmanvertoning eerste te sien, met ‘n vertoning van Punk in Plakkies – Die lament van ‘n lui anargis te Centurion Teater op 18 November 2015.