DAAR IS 'n ENGEL IN MY KOSKAS - WILLIE STRAUSS

Tue. 18 Sep, 2018 at 7:00pm SAST
All Ages
Price: R60.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R60.00
All Ages
Event Description
DAAR IS 'n ENGEL IN MY KOSKAS - WILLIE STRAUSS

Willie Strauss is ‘n geliefde televisiepersoonlikheid, akteur, liedjieskrywer, sanger en koskenner. Hy tree by kunstefeeste op, waar sy optredes deurgaans baie gewild is. Hy woon op Cullinan


In Daar is 'n engel in my koskas neem Willie Strauss jou op 'n nostalgiese kosreis en nooi jou om die geure en smake wat hy met groot vreugde onthou, saam met hom te geniet. Resepte of enkele bestanddele word verweef met interessante en soms komiese vertellings. So is daar onder andere die blikkie kondensmelk (engelemelk) waaruit menige kind die lekkerte gesuig het en die wonderlike kondensmelkbeskuit wat Ma gebak het, die laning granaatbome naby die plaasdam en die verleidelike granaatkoek waarmee jy jou gaste sal beïndruk, die reuk van kwepers wat in 'n Jeweloond
gebak is en die pluk van groenvye in die boord vir konfyt. Van brood en beskuit, sop, hoof en
bygeregte tot poedings koek, koekies en terte asook konfyt en blatjang: dis alles in hierdie kookboek
vervat, wat ook vir onthaal, partytjies, reis en Kerstyd voorsiening maak. Willie nooi jou om sy resepte te neem, 'n bord kos te kook en dit te deel met die engele
in jou lewe. Kom, wees 'n engel!

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Centurion Teater/Theatre 123 Amkor Road
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre