DALVIEW PLAKKIE-PROJEK: ONS STREWE

  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Event Description


Geagte Dalview Ouer, leerder en ondersteuner,


Ons is baie opgewonde oor hierdie projek en glo dit kan werklik waarde byvoeg tot u, u kind en ook die gemeenskap.


SPESIALE AANBOD:



  • Koop jou 2019 plakkie aan voor 30 Julie 2018 vir R165.00!!!

  • Plakkies verkoop gewoonlik @ R185.00 in die winkels.

  • Spaar R25.00

  • Hierdie plakkie vorm deel van ons "sportdrag" en "informele dae" by die skool.

  • Afsnydatum: 30 Julie 2018


As BL, Skoolbestuur en onderwysers is dit vir ons belangrik om projekte te loots wat 'n wen-wen-wen vir almal is en graag nooi ons julle uit om hierdie projek te ondersteun.


Die projek werk soos volg:



  • CHILLOES is 'n trotse Suid Afrikaanse plakkie-handelsmerk en julle kan meer oor CHILLOES uitvind deur hierdie skakel te volg: www.chilloes.com.

  • CHILLOES voorsien 'n baie hoë gehalte en duursame plakkie aan skole.

  • Die CHILLOES plakkie verkoop tans teen R185.00 in die winkels. 

  • Verder gaan die winste op die plakkies nie na 'n winkeleinaar nie maar kom dit na ons skool, dus ontvang ons skool in totaal +/- 30% op al ons plakkieverkope.

  • Ouers en ondersteuners is meer as welkom om ook die projek te ondersteun en vir julself 'n plakkie aan te skaf.  U kan selfs iemand borg met 'n plakkie.

  • Die plakkie kan soos volg aangewend word: by informele drag soos deur die skool deurgegee.


HIER IS ONS PLAKKIES:



  • "ONS STREWE" PLAKKIE:




  • DALVIEW (plain) PLAKKIE



Die aankope van die plakkie werk soos volg:



  • Hierdie is ons aanlyn aankoopstelsel.

  • U kan die plakkies op hierdie skakel aankoop.

  • Indien ons nie die minimum bestelling van 200 pare ontvang vir ons "ONS STREWE PLAKKIE" nie sal almal die "DALVIEW PLAIN PLAKKIE" ontvang.

  • Geen gelde word deur die stelsel terugbetaal nie (NO REFUNDS).

  • Hierdie fondsinsamelings projek is ten bate van die skool se algemene fondsinsamelings behoefte en u ondersteuning sal ongelooflik waardeer word. 


Betaling aan die einde van die transaksie vind op die volgende maniere plaas:



  • Visa/Master Kredietkaart

  • Visa Debietkaart (as die "ecommerse" funksionaliteit op u kaart geaktiveer is - indien nie, kan u u bank kontak om dit te aktiveer.)

  • EFT/Elektroniese oorplasing

  • BAIE BELANGRIK: Hierdie aanlyn stelsel word beskikbaar gestel deur www.tixsa.co.za. Al die sekuriteit-stelsels is in plek, dus is u transaksie en inligting veilig.


Vir KONTANT BETALINGS sal u fisies die skoolkantoor moet besoek en sal die skool namens u 'n elektroniese bestelling en betaling op die stelsel moet maak - u sal egter die volle bedrag in kontant moet betaal aan die skool voordat die bestelling deur die skool gemaak kan word.


Hoe werk die CHILLOES SKOENGROOTTES:



  • Ons werk met Suid Afrikaanse skoengroottes.

  • Indien die individu nie volgroeid is nie, sal ons aanbeveel om altyd 'n bietjie groter te bestel (veral vir Laerskole).

  • Dui slegs u skoengrootte aan en dan sal CHILLOES u grootte verwerk na ons dubbel grootte sisteem soos deur ons kundige span en sisteem bepaal.


BELANGRIKE DATUMS:



  • BESTELLING AFSNY DATUM: ons dryf die projek tot en met 30 Julie 2018.

  • AFHAAL DATUM: U kan u plakkie by die kantoor afhaal vanaf na die October skoolvakansie.


KONTAKBESONDERHEDE - ALGEMENE NAVRAE: 



  • DALVIEW LAERSKOOL: Die Projek word behartig deur Dirk Smith:+27 (0)11 744 3708

  • CHILLOES: Lynn Eloff - 081 768 1426

  • TIXSA: Sunet Wagner - 083 657 4545


TEGNIESE HULP:



Baie dankie vir u ondersteuning en saam kan ons van hierdie projek 'n ongelooflike sukses maak.


Vriendelike Groete,


Laerskool Dalview

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Laerskool Dalview 14 Venter Street
Brakpan, GP 1541