DEON GROOT BY WEIVELD

Sat. 15 Jan, 2022 8:00pm - 11:30pm SAST
All Ages
Price: R80.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R80.00
All Ages
Event Description
DEON GROOT BY WEIVELD

Deon Groot en DJ Stephan tree op @ Weiveld  -  Saterdag, 15 Januarie 2022.


Hier wei ons weer met Deon Groot #komonsweiweer


Tyd: 20H00



  • Hoofkunstenaar: Deon Groot

  • Opvolg: DJ: DJ Stephan

  • Datum: Saturday 15 January

  • Kaartjiekoste: R80

  • Venue: Weiveld


#komonswei #weiveldweiweer



Vir enige kaartjie navrae kontak ons kaartjievennoot TIXSA.


TELEFOON:


012 880 26 35 WERKSURE:


MAANDAG - VRYDAG 9VM – 5NM


SATERDAE 10VM – 2NM


SONDAG 10VM -1NM


PUBLIEKE VAKANSIEDAE: 10VM – 1NM


DEON GROOT

Deon Groot is op 17 Mei in Omaruru (Namibia) gebore. Hy het by Laerskool Krielpark in Mpumalanga sy skoolloopbaan begin en by Hoërskool Alexanderbaai in die Noord Kaap (Namakwaland) voltooi, Deon het ook ‘n medalje verower tydens sy laerskool loopbaan vir sy besonderse stem. Naskool het hy by die Kaapse Tegnikon gaan studeer en later verhuis na Pretoria waar hy tans as Risiko bestuurder werk.
Deon Groot skryf sy eie liedjies en tree op by verskeie geleenthede. Hy is vaardig met die kitaar, bekfluitjie en geniet stil aande voor ‘n vuurtjie waar hy sy liedjies laat gestalte vind. Dit is vir Deon lekker om woorde in liedjies te omskep wat sy gevoelens weerspeel en laat borrel. Saam met sy tromspeler en vriend Louwrens Bezuidenhout , skep hulle nie net die regte atmosfeer en gee gestalte aan die ritme van die liedjies nie, maar deel graag hulle belangstellings. Deon is ‘n woellige karakter, en is entosiasties oor die natuur en die onbekende. Hy geniet stil rustige oomblikke waar net hy, sy kitaar en woorde mekaar vind. Familie en vriende maak ‘n groot deel uit sy menswees. Deon dra sy hart op sy mou en jy weet dadelik waar jy staan as jy met hom te doen kry. Deon se stokperdjies is hengel, kosmaak, fauna (diere) en sy huisie by die see. Opregte eerlike menseverhoudings is vir hom baie belangrik, Deon weet presies wat hy wil hê en is nie skaam om dit te sê nie. Deon wyk af van die normale met sy unieke sang styl en opregte klanke.
Hierdie sanger is goed oppad om een van die grootste afrikaanse sangers te word en moet beslis dop gehou word. Met sy stem, lewendige optredes en vertonings val hy beslis in ‘n kategorie van sy eie.
Deon Groot is een van die opwindendste opkomende kunstenaars in die musiek bedryf.

Verjaardag: 17 Mei
Gunsteling fliek: King Arthur, Inception, Shutter Island.
Gunsteling akteur: Nicholas Cage, Leonardo di Caprio
Gunsteling aktrise: Jennifer Love Hewitt
Kan nie lewe sonder: God, Familie, Liefde, Vriende, sy Kitaar, musiek en troeteldiere
Kos soorte: Lekker pasta en rump steak
Leuse in die lewe: Omring jou met positiewe mense en gister is te laat.
As jy nie ‘n sanger was nie: Wildbewaarder of marine bioloog
Beskryf jouself in 3 woorde: Lewendig, Spontaan, Uniek.

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Weiveld Plot 49 Zwavelpoort, h/v Boschkop en Graham Weg
Pretoria, Gauteng 0040
Join the Conversation

Follow the event with #komonswei