Dewald Wasserfall

Sat. 29 Dec, 2018 at 8:00pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description


Dewald Wasserfall is gebore op 11 Oktober 1984 in Empangeni, Kwazulu Natal. Na skool voltooi hy sy Nasionale Hoër Diploma in Vermaaklikheidstegnologie aan die destydse Technikon Pretoria.


Musiek het egter harder geroep en in 2006 begin Dewald voltyds werk aan ’n musiekloopbaan. Hy bereik matige sukses met die groep “Wasserfall” en treffers soos “Suikerbos” en “All about me”, voordat hy in 2010 besluit om ’n solo loopbaan te volg.


“Vergeet wat jy weet van liefde”, sy eerste solo album word in 2012 uitgereik en behaal platinumverkoper-status met die treffers “Eendag as ons groot is”, “Sewentien” en “Vergeet wat jy weet van liefde”. Die album wen ook die “Beste Nuweling” toekenning by die Ghoema Musiektoekennings, sowél as die Huisgenoot Tempo toekennings.


“Ek en Jy”, die opvolg album behaal goue status en wen die SAMA (Suid Afrikaanse Musiek Toekenning) vir “Beste kontemporêre musiek album”. Dié prestasie is een wat al jare lank op Dewald se wenslys is. Die album ontvang ook 4 Ghoema nominasies en ’n Tempo nominasie.


Nou is Dewald terug met “Jy is die Storm”. Die titelsnit van hierdie album boer reeds op die trefferlyste en Dewald reken dit is sy beste album nóg. Die kranige span van Danny Smoke (Vervaardiger), Johan Vorster (Mede-skrywer en uitvoerende vervaardiger), Christoph Kotzé (Mede-Skrywer) en Murray Lubbe (Meng) word weer ingespan.


Dewald is ’n kranige, gesoute liedjieskrywer. ’n Perfeksionis. ’n Passievolle wêreldreisiger.


Dewald Wasserfall is hier om te bly!  Moet hom nie mis by die Barnyard hierdie vakansie nie!

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Mel's Place Keurboomstrand, main road
Keurboomstrand, WC 6600
Join the Conversation

Follow the event with #AfterDarkPlett