Die beste band in die wêreld ... ooit, ek sweer! – nou toer ons!

Thu. 31 Jul, 2025 at 7:00pm SAST
16 and Over
16 and Over
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
16 and Over
Event Description
Die beste band in die wêreld ... ooit, ek sweer! – nou toer ons!

Dit het op die Weskus begin. In Jacobsbaai, om presies te wees. Waar die branders nooit moeg word nie. 


Rikus de Beer, ook bekend as Jonathan van Radio Raps, besef sy hiaat staan einde se kant toe. Rikus vier sy 40ste verjaarsdag in Januarie 2025 en besluit hy gaan ’n band begin – hy gaan leef, hy gaan musiek maak.


 Die beste band in die wêreld – ooit! word ingelyf. 


 Ryno Velvet, wat sedert 2006 skouers in die musiekbedryf skuur met liedjies soos “Ai, my lam”, “Kaap”, “Volkswagen-bussie” en “Aande” het die roepstem geantwoord om met Rikus De Beer en Regardt Scheepers kragte saam te snoer.


Menige oorspronklike liedjie uit Rikus en Ryno se penne gee kleur aan Afrikaans, koester ons mense en herinner ons daaraan om soveel as moontlik hardop te lag. 


“Nou dat ons ’n band is, moet ons toer ...” skerts Rikus – en daarmee bedoel hy tóér!


Die mans beplan om hul konsert regoor die wêreld na Suid-Afrikaners te vat en die opgewondenheid loop behoorlik oor. Dus kan gehore van heinde en verre hul vere reg skud vir ’n vertoning deur sowel De Beer as Velvet, soos nog nooit van te vore gesien of gehoor nie.

Comments
Get Tickets
VisaMasterCardSID Instant EFT
Venue Details
Map of Venue Location.
AfriForum Teater Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison en, 13th St, Menlo Park
Pretoria, Gauteng 0081