Die Kaalkopwaarheid - DKW en Die Wasgoedlyn | MUSIEK | STORIES

Fri. 8 Aug, 2025 8:00pm - 9:10pm SAST
Alle ouderdomme
68 days away
Alle ouderdomme
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
68 days away
Alle ouderdomme
Event Description



Die Kaalkop Waarheid (DKW) & Hanru Niemand aan die Wasgoedlyn


Die Kaalkop Waarheid (DKW) is almal wat weet se gunsteling oorspronklike Afrikaanse ‘folk’ band wat sy ontstaan in Pretoria het.


Die lede bestaan uit Nardus du Plooy (liedjieskrywer), Christo Strauss (mandolien), Hanru Niemand (banjo), George Rautenbach (kitaar) en Christo Groenewald (kontrabas). 


Hul lied "In My Lewe" is al deur meer as miljoene geluister.


SAMA nominasies en suksesse agter die blad is die groep al lank aan die gaan en stoom steeds voort soos hul treffer "Wegholtrein" die wye wêreld in.


Hanru Niemand is ’n veelsydige Afrikaanse sanger-liedjieskrywer afkomstig uit die Boland.


Sedert 2003 het hy stil-stil vir homself naamgemaak onder musiekkenners en spog hy vir amper twee dekades reeds met ’n klein kultus-aanhang van musikale fynproewers wat strek van die Kaap tot die Noorde.


Van sy werke is ook al na Fins en Russies vertaal deur vooraanstaande vertalers vir die genot van oorsese gehore.


Die Wasgoedlyn se Jackie en Riku Lätti gaan ook optree.


Saam met die Wasgoedlyn het Riku al dosyne albums opgeneem. Riku Lätti is bekend vir treffers soos Hoofstroom, Op die Maan en Smoorverlief.


Met die Wasgoedlyn is Jackie en Riku bekend daarvoor dat hulle Alternatiewe Afrikaanse musiek 'n platform bied. 


Gaan luister gerus nou na die Wasgoedlyn daar is definitief honderde kunstenaars wat jy van sal hou op die Wasgoedlyn soos David Kramer, Anton Goosen, Piet Botha, Koos Kombuis en nou natuurlik ook Die Kaalkop Waarheid 


Tydsduur: 70 min


Ouderdomsbeperking: Geen




Kaartjienavrae:


Telefoon: 012 880 26 35


e-pos: [email protected]


www.kalfiefees-hermanus.co.za  


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Comments
Get Tickets
VisaMasterCardSID Instant EFT
Venue Details
Map of Venue Location.
Sandbaaisaal 71 Hoofweg
Sandbaai, Hermanus 7200
Join the Conversation

Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees