Die Vreeslike Familiebraai En Toe Kom Die Vlinders | Kinderteater en Tienerteater - 6 Aug

Thu. 6 Aug, 2026 at 6:00pm SAST
Alle ouderdomme
90 days away
Alle ouderdomme
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
90 days away
Alle ouderdomme
Event Description


Die vreeslike familiebraai en Toe kom die vlinders: Twee oorspronklike jeugtonele vol humor, verbeelding en ontdekking


Met: Woordcklub Drama-leerders en dansers van Studio15


Teks: Marhette van Huyssteen
(Toe kom die vlinders gebaseer op Een miljoen vlinders deur Edward van de Vendel)


Woordcklub Drama se jong akteurs bring twee oorspronklike mini-tonele na die verhoog – elk met sy eie unieke styl en storie.


Die vreeslike familiebraai is ’n speelse en humoristiese toneel waar vier susters deur hul eksentrieke tante gekonfronteer word, en hul ware gevoelens oor familie en erfporsies onverwags ontbloot.


In Toe kom die vlinders ontvou ’n fantasierike en absurde verhaal oor grootword en daardie eerste “vlinders-in-die-maag”-gevoel. Met maskers, poppe en kreatiewe spel word ’n wêreld geskep waar jong karakters nuwe emosies en ervarings ontdek.


Hierdie lewendige jeugproduksie wys die talent en energie van jong plaaslike kunstenaars – twee stories, een verhoog, en baie verbeelding.


Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme




Kaartjienavrae:


Telefoon: 012 880 26 35


e-pos: [email protected]


www.kalfiefees-hermanus.co.za  


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Reserve Tickets
Kinders R50.00
Volwassenes R100.00
Venue Details
Map of Venue Location.
DeWetsaal 8 Roos St
Onrus, Western Cape 7201
Join the Conversation

Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees