Die vrouens in Langenhoven se lewe

Vr. 6 Nov, 2026 om 7:00nm SAST
Alle ouderdomme
Alle ouderdomme
  • Kry kaartjies
  • Besonderhede
Event Stats
Alle ouderdomme
Event Description


Die verhaal van die vrouens in Langenhoven se lewe, is ’n verhaal van ’n huis vol liefde. Tog is dit ook die verhaal van die komplekse verhoudings, uitdagings en opofferings wat agter geslote deure skuil. Elkeen het ’n verlede, en ’n moeilike verlede skep soms ’n moeilike toekoms. Die liefde verdra alles, maar hoe ver strek ’n mens se liefde en waar vind ons die krag om alles te aanvaar en te dra.


Hierdie aangrypende toneelstuk neem die gehoor op ’n reis deur die lewe van Vroutjie, Engela, Langenhoven en – in ’n mindere mate – die aantreklike Sarah. Elke karakter weerspieël iets van onsself. Die verhaal raak daarom diep aan die hart. Alhoewel Vroutjie die hoofkarakter is, verteenwoordig sy veel meer as net die stem van Langenhoven se vrou – sy word op ’n manier so ’n bietjie van ons almal. 


Geniet ’n glasie sjerrie vanaf 18:00 in die foyer.



Kom geniet 'n kunsuitstalling in die voorportaal deur Yolandi-Mari, 'n kunstenaar van Orania. Haar versameling handel oor die vele fasette van vrouwees asook die vrou se innerlike krag en skoonheid. 


Tema: "Verhale van vrouwees"


Kry kaartjies
VisaMasterCardSID Instant EFT
Venuebesonderhede
Map of Venue Location.
AfriForum Teater Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison en, 13th St, Menlo Park
Pretoria, Gauteng 0081