Die Vyftigers

Multiple Dates & Times
Alle ouderdomme
Alle ouderdomme
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Alle ouderdomme
Event Description
Die Vyftigers

Die Vyftigers het die land gaande


Hierdie jaar is Afrikaans amptelik 100 jaar oud. Maar weet jy wat nog? Daar is ’n klomp talentvolle manne wat in 2025 hul eie 50 jaar om die son vier — presies die helfte so oud soos ons geliefde moedertaal. Wie is hulle?


Neil Sandilands, Schalk Joubert, Gian Groen en Abel Kraamsaal — vier kunstenaars, vier stories, een verhoog. Hulle skryf, speel en leef Afrikaans soos min, en nou is hulle saam op een verhoog vir ’n aand van rou, eerlike musiek en viering. Noem dit ’n bietjie sin maak van die laaste 100 jaar van taal en die laaste 50 jaar van lewe — alles in een aand, een plek, en in een kragtige, kreatiewe taal: Afrikaans.


Hulle noem hulself Die Vyftigers.


Die Vyftigers bekoor gehore sedert April dié jaar en die opvoering belowe om net so besonders te wees – met melodie, ritme, lag en liriek wat lank ná die laaste noot sal bly hang.


Vervaardig deur: Neil Sandilands
Musikale regie: Schalk Joubert
Teks: Neil Sandilands, Gian Groen, Abel Kraamsaal, Schalk Joubert


Comments
Reserve Tickets
Please select an available date & time:

Venue Details
Map of Venue Location.
AfriForum Teater Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison en, 13th St, Menlo Park
Pretoria, Gauteng 0081