Die Wasgoedlyn - Afrikaanse Musiekfees in Plett

Sat. 28 Sep, 2024 at 2:00pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description


Met trots aangegebied deur After Dark Events in samewerking met Plett Arts Festival


Deur maak 12h00 oop.  Vertoning's begin 14h00.  Die rugby word 5uur in die Kroeg uitgesaai.  


'n Afrikaanse Musiekfees met Gert Vlok Nel, Hanru Niemand, Die Kaalkop Waarheid, Neil Nachtrein, Wynand Davel, Jackie en Riku Latti van Die Wasgoedlyn.  


Gert Vlok Nel is al male sonder tal daarvan beskuldig dat hy melankolies is, maar eintlik SKRYF hy net melankoliese, nostalgiese gedigte oor sy plekke en sy mense in sy besonderse, onopgesmukte eiesoortige Afrikaans. Na sy debuut bundel, Om te lewe is onnatuurlik, het hierdie enigmaties man met sy moulose swart gewade kultus-aanhang gekry en regmatig so. Beautiful in Beaufort Wes is al deur meer as 15 kunstenaars opgeneem. Hy deurkruis hierdie Suid-Afrika en ook Europa met sy kitaar op sy rug en ‘n lied in die hart wat mense moet hoor. Gert Vlok Nel is vele dinge, en daar is al deur akademici oor die man en sy poësie geskryf en bespiegel, maar op die einde van die dag is hy maar net ‘n sensitiewe romatikus met ondeunde seuntjie-kyk in die oog.

Die Kaalkop Waarheid (DKW) is almal wat weet se gunsteling oorspronklike Afrikaanse ‘folk’ band wat sy ontstaan in Pretoria het. Die lede bestaan uit Nardus du Plooy (liedjieskrywer), Christo Strauss (mandolien), Hanru Niemand (banjo), George Rautenbach (kitaar) en Christo Groenewald (kontrabas).  Hul lied "In My Lewe" is al deur meer as miljoene geluister. SAMA nominasies en suksesse agter die blad is die groep al lank aan die gaan en stoom steeds voort soos hul treffer "Wegholtrein" die wye wêreld in.

Hanru Niemand is ’n veelsydige Afrikaanse sanger-liedjieskrywer afkomstig uit die Boland. Sedert 2003 het hy stil-stil vir homself naamgemaak onder musiekkenners en spog hy vir amper twee dekades reeds met ’n klein kultus-aanhang van musikale fynproewers wat strek van die Kaap tot die Noorde.  Van sy werke is ook al na Fins en Russies vertaal deur vooraanstaande vertalers vir die genot van oorsese gehore.

Die Wasgoedlyn se Jackie en Riku Lätti gaan ook optree. Saam met die Wasgoedlyn het Riku al dosyne albums opgeneem. Riku Lätti is bekend vir treffers soos Hoofstroom, Op die Maan en Smoorverlief. Met die Wasgoedlyn is Jackie en Riku bekend daarvoor dat hulle Alternatiewe Afrikaanse musiek 'n platform bied. Gaan luister gerus nou na die Wasgoedlyn daar is definitief honderde kunstenaars wat jy van sal hou op die Wasgoedlyn soos David Kramer, Anton Goosen, Piet Botha, Koos Kombuis en nou natuurlik ook Die Kaalkop Waarheid.


Neil Nachtrein, die beroemde musikant bekend vir sy diepgaande tekste en unieke klanklandskappe, onthul met trots sy jongste skepping, die EP getiteld “Dinsdae Soos Die”. Uitgereik op 23 Februarie 2024 op alle digitale platforms, die EP bied ‘n vars blik op Neil se kreatiewe reis terwyl hy die grense van sy musikale uitdrukking verken.


Geïnspireer deur die alledaagse gebeurtenisse wat die koers van ons lewens kan verander, het Neil ‘Dinsdae Soos Die’ gekombineer met ‘n reeks liedjies wat die hoë en lae van menslike ervaringe weerspieël. In ‘n intieme vraag-en-antwoord-sessie, het Neil sy persoonlike perspektief op die EP gedeel.


Kom kuier saam by Moss & Maple (aka Maple Ranch) in Plettenbergbaai in September!  Kuns, musiek, kos en kuier!  Ideaal vir die hele gesin!  

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
MOSS & MAPLE No 1 Pinehaven Road, Keurbooms Heights
Plettenberg Bay, Western Cape 6600
Join the Conversation

Follow the event with #AfterDarkPlett