Die Wasgoedlyn Produksies en Die Ses Snare van ouds | Sang en Musiek

Thu. 6 Aug, 2026 at 7:30pm SAST
Alle ouderdomme
90 days away
Alle ouderdomme
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
90 days away
Alle ouderdomme
Event Description



Die Wasgoedlyn en Die Ses Snare: ’n Aand van nostalgie, samewerking en Afrikaanse musiek van die hoogste gehalte


Met: Die Wasgoedlyn en Die Ses Snare


Die Wasgoedlyn, die musiekprojek van Riku en Jackie Lätti, is ’n oop uitnodiging aan Afrikaanse musikante om hul eie liedjies met trots te deel. Wat begin het as ’n eenvoudige idee het gegroei tot ’n lewende netwerk van kunstenaars en storievertellers, waar die fokus altyd bly: die lied kom eerste.


Die groep Ses Snare speel ná baie jare weer by die Kalfiefees – hierdie keer met die oorspronklike groep wat destyds in 2009 by die KKNK gedebuteer het.


Ouer, wyser en nog beter musikante as tevore, neem hulle gehore op ’n nostalgiese reis met die treffers waarvoor hulle bekend geword het. Dit is ’n viering van vakmanskap, ervaring en die tydlose krag van Afrikaanse musiek.


Met Blackie Swart, Mel Botes, Mathys Roets, Leon Ecroignard, Wouter van de Venter en Thean Kotze op een verhoog, beloof hierdie vertoning ’n onvergeetlike musikale ervaring.


Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme





Kaartjienavrae:


Telefoon: 012 880 26 35


e-pos: [email protected]


www.kalfiefees-hermanus.co.za  


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Reserve Tickets
Algemene toegangskaartjie R180.00
Venue Details
Map of Venue Location.
Grobbelaarsaal Marine Drive
Hermanus, Wes Kaap 7200
Join the Conversation

Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees