Die Wasgoedlynproduksies en Die Coffee Snobs | Sang en Musiek

Sat. 8 Aug, 2026 at 7:30pm SAST
Alle ouderdomme
92 days away
Alle ouderdomme
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
92 days away
Alle ouderdomme
Event Description



Die wasgoedlyn & Coffee Snobs: ’n Aand van oorspronklike Afrikaanse musiek en samewerking


Met: Die Wasgoedlyn en Coffee Snobs


Die Wasgoedlyn, die musiekprojek van Riku en Jackie Lätti, is ’n oop uitnodiging aan Afrikaanse musikante om hul eie liedjies met trots te deel.


Wat begin het as ’n eenvoudige idee het gegroei tot ’n lewende netwerk van kunstenaars en storievertellers, waar die fokus altyd bly: die lied kom eerste.


Coffee Snobs is die musikale projek van die egpaar Marius en Vernette Wessels, saam met hul medemusikante.


Hulle musiek is bekend vir deurdagte lirieke, musikale fynheid en ’n intieme klank wat gehore maklik intrek.


Met ’n styl wat oor verskeie genres strek, skep hulle ’n klank wat beide toeganklik en kunstig is – soos ’n fyn gebalanseerde mengsel van storie en melodie. Hul werk het al erkenning ontvang, insluitend ’n benoeming vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning, en hul liedjies het reeds ’n plek op plaaslike musiektrefferslyste gevind.


Bekend vir hul ontspanne maar meesleurende live-optredes, bied Coffee Snobs ’n musikale ervaring wat beide lig en betekenisvol is – perfek vir gehore wat hou van oorspronklike, kwaliteit Afrikaanse musiek.


Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme





Kaartjienavrae:


Telefoon: 012 880 26 35


e-pos: [email protected]


www.kalfiefees-hermanus.co.za  


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Reserve Tickets
Algemene toegangskaartjie R180.00
Venue Details
Map of Venue Location.
Grobbelaarsaal Marine Drive
Hermanus, Wes Kaap 7200
Join the Conversation

Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees