Doep is nie dood nie | Musiek

Sun. 11 Aug, 2024 5:00pm - 6:15pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description


DOEP IS NIE DOOD NIE MET Jannie du Toit (stem en kitaar), Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon) 


VERVAARDIGERS: Jannie du Toit en Carl Theunissen


Koos du Plessis se lewe en musiek word gevier in dié huldeblykkonsert met Jannie du Toit. 


Die program bevat ’n formidabele versameling liedjies en tekste van Koos Doep, soos hy alom bekend was, en beklemtoon hoe relevant dié geliefde sanger en liedjieskrywer se kreatiewe nalatenskap vier dekades ná sy dood bly.


Met die oog op die veertigjarige herdenking van Koos Doep se sterfdatum is Doep is nie dood nie in Januarie vanjaar (2024) deur RSG uitgesaai, waarna die radiostasie oorval is met navrae vir ’n heruitsending.


Kom beleef die ongeëwenaarde nalatenskap van Afrikaans se grootste liedjieskrywer, eksklusief by die Kalfiefees.


Tydsduur: 75 minute


Geen ouderdomsbeperking




Feesnavrae: [email protected]  +27 61 5209041


www.kalfiefees-hermanus.co.za  


Kaartjienavrae:


Telefoon: 012 880 26 35


e-pos: [email protected]   


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Hermanus Munisipale Ouditorium 1 Harmony Rylaan
Hermanus, Western Cape 7200
Join the Conversation

Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees