Drie van die bestes

So. 15 Feb, 2026 om 3:00nm SAST
Alle ouderdomme
Alle ouderdomme
  • Kry kaartjies
  • Besonderhede
Event Stats
Alle ouderdomme
Event Description


Maak gereed vir ’n meesleurende, topklasvertoning met drie uiteenlopende stemme en persoonlikhede wat ’n verhoog deel as vriende met ’n passie vir mooi musiek!


Die alombekende, Drie van die bestes, wat bestaan uit Mathys Roets, Danie Niehaus en die nuutste toevoeging, Germandt Geldenhuys, wat hulle stemme meesterlik vervleg in ’n harmonieryke vertoning, beloof om musiekliefhebbers te bederf met a capella-musiek, nuwe klanke en tydlose gunstelinge. 


Die groep het reeds meer as 25 jaar gelede ontstaan en alhoewel die samestelling van die groep verander het oor die jare, is die kombinasie van Roets en Niehaus se musikale ondervinding en die toevoeging van Geldenhuys (ook bekend as akteur in die TV-reeks, Binnelanders) se jeugdige aanslag ’n wenresep! Hulle sang is eg, hul energie is aansteeklik en hul passie vir musiek straal uit elke lied. 


Drie van die bestes sorg met elke vertoning vir ’n ongeëwenaarde en kragtige musikale ervaring!


Kommentaar
Kry kaartjies
VisaMasterCardSID Instant EFT
Venuebesonderhede
Map of Venue Location.
AfriForum Teater Greenlyn Village-sentrum H.v. Thomas Edison en, 13th St, Menlo Park
Pretoria, Gauteng 0081