Ds Hennie Prinsloo – Boeke / DVDs / Digitale Formaat - (Bestelvorm)

  • Reserve
  • Details
Event Stats
Event Description

Geagte Leser, Luisteraar en Kyker


Saam sien ons uit na die koms van ons Here Jesus Christus en wil ek baie dankie sê vir u volgehoue ondersteuning en gebede vir ons bediening.


Hierdie platform stel my instaat om u bestellings vinniger en makliker te verwerk en ons waardeer u bydraes ongelooflik baie!


Die materiaal is in die volgende formaat beskikbaar:



  • Fisiese Boeke

  • DVDs

  • PDF

  • OF ek kan u hele bestelling op 'n digitale stokkie/USB laai (hierdie stokkie werk op smart/android selfone, usb-motor-radios, rekenaar en tablette...)


Die volgende items is beskikbaar vir aankope:


BOEKE (fisiese boek of digitale/pdf formaat):



  • Die Sewe Kruiswoorde van Jesus

  • Die Twaalf Dissipels van Jesus

  • Jona: Feit of Fabel

  • Die Wederkoms van Christus en die Eindgebeure

  • Die Boek Openbaring

  • The Book Revelations


DVD/DIGITALE REEKSE:



  • Die Sewe Kruiswoorde van Jesus (7 boodskappe)

  • Die Wederkoms van Christus (13 boodskappe)

  • Die Boek Openbaring (20 boodskappe)


NUUTSTE MATERIAAL:


Graag stel ek ook my nuutste boek aan u bekend genaamd:



Hierdie boek bevat tien ware verhale van mense wat kragtig deur God gebruik is. Hulle lewens voorbeeld en dienswerk het ‘n verskil en ‘n impak gemaak op hul tydgenote maar ook op die daarop volgende geslagte. Daar is ‘n opdrag in Heb. 13:7: “Gedenk jul voorgangers”. Dit is wat ons in hierdie boek doen. Ons kyk terug in die geskiedenis na hierdie mense se lewens, na hoe God in hulle en deur hulle gewerk het. Ons kyk na die geheim van hulle vrugbaarheid in dienswerk en ons leer daaruit! Vir die wat erns wil maak met hul geestelike lewe en hul verhouding met Jesus Christus bied hierdie boek baie stof tot nadenke. Hierdie is ds. Hennie Prinsloo se nuutste boek, gepubliseer is Mei 2020.


REëLINGS:



  • Volg die stappe onder "get tickets/registration options" om u bestelling te plaas.

  • Enige bydra tot ons bediening word opreg verwelkom.

  • U kan wel die boeke en DVDs bestel sonder om 'n addissionele bydrae tot die bediening te maak.

  • Alle bestellings (fisiese boeke en DVDs) wat per koerier aangestuur moet word beloop R95.00 op die totale bestelling.

  • Indien u slegs PDF boeke aankoop is die aflewerings opsie GRATIS.

  • Maak asb dood seker u kies die korrekte aflewerings-opsie wanneer u uitteken met u bestelling.

  • Alle bestellings word binne 5 werksdae verwerk en aangestuur.


BETALINGS:



  • U kan betalings aanlyn doen per: VISA Krediet/Debiet Kaart, SID EFT of American Express(AMEX).

  • Indien u eerder 'n EFT betaling wil maak, kan u gerus die TIXSA span kontak by 087 087 7464 of [email protected].

  • Die ondersteunings-ure vir aankope is:


- Maandag tot Vrydag: 9vm tot 5nm


- Saterdae: 10vm tot 4nm


- Sondae en publieke vakansiedae: 10vm tot 1nm


Weereens baie dankie vir u ondersteuning en gebede.


Vriendelike Groete,


Ds Hennie Prinsloo



Biografie


Hennie Prinsloo is gebore in Kroonstad. Op 14 jarige ouderdom neem hy Jesus Christus aan as persoonlike Saligmaker. Uit Jesaja 42:6-7 roep die Here hom tot voltydse diens. Na matriek studeer hy aan die Teologiese Seminarie (Kweekskool) van die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika. As jong proponent word hy in die huwelik bevestig met Annelie. Op 6 Januarie 1973 word hy georden as predikant in Rustenburg gemeente.


Oor ’n tydperk van 42 jaar bedien hy en Annelie die volgende gemeentes: Rustenburg, Kemptonpark, Uitenhage, Ermelo, Pretoria-Noord, Nigel, Pretoria-Wonderboom, Brits en George gemeente.


Ds. Hennie was ook vir 'n tyd lank voltyds betrokke by Radio Kansel, toe nog Trans Wêreld Radio, waar hy sy eie radioprogram behartig het. Verder was hy ook ‘n Senior-dosent vir EEIII S.A. en het evangelisasie klinieke reg deur die land aangebied ten einde predikante en gemeente leiers van verskillende kerkgenootskappe toe te rus.


In sy eie kerkverband het hy vir baie jare op verskeie Sinodale Kommissies gedien. Hy was ook vir 6 jaar Moderator van die Kerk en het tot met sy aftrede op die Moderatuur as Assessor gedien.


Deur die jare het ds. Hennie 'n besondere belangstelling in die Eskatologie (die leer van die laaste dinge) ontwikkel. Hy het 'n intensiewe studie gedoen oor Bybelse profesieë omtrent die eindgebeure en die Wederkoms van Christus. Hy verwerf 'n M.Th. graad in die vak eskatologie deur Therapon Universiteit van die VSA. In 2007 verwerf hy ook 'n D.Th. graad vir sy studie oor die boek Openbaring.


In 2015 op 65 jarige leeftyd tree hy en Annelie uit gemeentelike bediening. Sedert sy aftrede reis hy regdeur S.A. om reekse dienste te hou oor die Wederkoms van Christus en die Eindgebeure. Hy tree op in verskillende kerke op uitnodiging.

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.