BOEK/PDF/USB: Die Sewe Kruiswoorde van Jesus

Price: R70.00
Product Description

Die Here Jesus het ses moordende ure aan die kruis gehang, van nege-uur die oggend tot drie-uur die middag. In daardie ses ure het Jesus sewe keer van die kruis af gepraat. Ons noem dit die sewe kruiswoorde.

Die sewe kruiswoorde word in twee dele opgedeel: Die eerste drie kruiswoorde het betrekking op ander mense, en die laaste vier het betrekking op Homself.

Niemand wat by die kruis kom staan en luister, en waarneem wat alles daar gesê word, kan ooit weer dieselfde daar weggaan nie. Die boodskap van die kruis het ‘n lewens-veranderende krag. Dit raak vriend en vyand, niemand word onaangeroer gelaat nie.

“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê”. Joh. 3:16