BOEK/PDF/USB: Die Twaalf Dissipels van Jesus

Price: R100.00
Product Description

Die twaalf dissipels van Jesus
 
Die twaalf dissipels van Jesus het werklik legendes geword. Nooit weer sou daar ’n groep manne opstaan wat so ’n impak op die wêreld en sy mense sou hê soos hulle nie. Manne wat deur Jesus self geroep, opgelei, bekragtig en uitgestuur is. Deur hierdie manne se liefde vir en oorgawe aan Jesus Christus het hulle ‘n onberekenbare invloed vir Hom op aarde uitoefen, ’n invloed wat miljoene lewens ingrypend sou verander. Hulle het draers geword van ’n kragtige boodskap, die goeie nuus, die evangelie van Jesus Christus. Dit het die wêreld verander!
 
Elkeen wat ‘n studie doen oor die twaalf dissipels van Jesus sal ervaar dat dit ‘n appèl en impak op hul lewens maak. Ek wil u uitnooi om d.m.v. hierdie boekie die lewens van die twaalf dissipels van nader by te bekyk en daaroor te bepeins. Kom ons kyk weer deur hulle oë na Jesus, ons Meester. Kom ons bid dat die passie wat hulle aangevuur het ook weer in ons harte vlam sal vat, dat die visie en motivering wat hulle gedryf het ons ook sal besiel. Kom ons bid dat die vlam van opofferende liefde wat in hulle harte gebrand het ook weer in ons harte sal brand.
 
Dit is net wonderlik om te weet dat God mense gebruik in sy diens. God kon engele gebruik het, maar Hy het gekies om mense te gebruik. Vandag is dit nog steeds so. God gebruik mense, gewone mense, mense soos ek en jy. Hy wil jou en my gebruik! Dit sien ons in die lewens van die twaalf dissipels.