BOEK/PDF/USB: Jona - Feit of Fabel

Price: R100.00
Product Description

Jona feit of fabel
 
Die verhaal van Jona was vir 600 jaar lank op die bladsye van die Heilige Skrifte van die Ou Testament opgeteken, voordat enigiemand geweet het wat die presiese betekenis of bedoeling van hierdie geskiedkundige verhaal is. Vir die meeste was die boek Jona maar net ‘n merkwaardige verhaal van ‘n Hebreeuse profeet.
Eers toe Jesus Christus 600 jaar later op aarde kom lewe, het Hy die werklike betekenis van die Jona verhaal skielik duidelik gemaak. In net ‘n paar woorde het Jesus goddelike lig op die boek Jona laat skyn sodat die boek veel meer beteken het as net geskiedenis, spekulasie, tradisie, fabel of fiksie. “Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees. Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en—meer as Jona is hier!” Matt. 12:40-41