DVD/USB REEKS: Openbaring (20 Boodskappe)

Price: R400.00
Product Description

Die boek Openbaring
 
Die boek Openbaring is `n uiters belangrike geskrif omdat dit die laaste Heilige Gees geïnspireerde Bybelboek is wat geskryf is. Dit is daarom ook korrek geplaas as die laaste boek in die Bybel. Soos wat die vier Evangelies die Nuwe Testament open met die goeie nuus van die eerste koms van Christus na die wêreld, so beëindig Openbaring die Nuwe Testament met die algemene tema van Christus se wederkoms.
 
Die naam “Openbaring” beteken: “om ‘n sluier weg te neem”. By die onthulling van ‘n standbeeld word die sluier of doek op ‘n gegewe oomblik van die standbeeld afgetrek, dit word ontsluier, onthul, sodat die standbeeld vir almal duidelik en sigbaar kan wees. Die boek Openbaring is dus ‘n ontsluiering, ‘n onthulling, ‘n bekendmaking, ‘n openbaarmaking van die eindgebeure.
 
Die Here God het in die jaar 95 n.C. die sluier vir Johannes weggetrek en die toekoms gebeure aan hom openbaar. God se toekomsplan met die mensdom en die wêreld het nou vir almal duidelik geword. Die boek Openbaring dek gebeure wat sal plaasvind vanaf die eerste eeu n.C., vanaf die Kerk dispensasie tot en met die Voleinding.