Dubbelspel | Drama
- Get Tickets
- Details

Dubbelspel: ’n Spanningsvolle drama oor mag, verlede verhoudings en gevaarlike speletjies
Met: Arina de Witt en Ignatius van Heerden
Teks: Braam van der Vyver
Regie: Johan van der Merwe en Marie-Heleen Coetzee
Prof. Mara Brandt is die nuut aangestelde rektor van die Sentraal-Wes Universiteit. Sy is in haar suite in ’n boetiekhotel besig om voor te berei vir ’n gesprek met skenkers, wanneer Blaise Breytenbach onverwags opdaag.
Blaise, hoof van sy eie reklame-agentskap, was eens haar student én haar minnaar. Sedertdien het hulle ’n stormagtige en komplekse verhouding gehad, waartydens Mara hom dikwels uit die moeilikheid gehelp het. Hierdie keer is hy egter in ernstige finansiële moeilikheid.
Beskuldigings vlieg heen en weer en kort voor lank is afpersing op die tafel. Maar Mara is nie iemand wat maklik geïntimideer word nie – en beslis nie ’n katjie wat sonder handskoene hanteer kan word nie.
Tydsduur: 60 minute
Ouderdomsbeperking: Geen onder 13
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees
