Dude, waa's my phone? | Komedie
- Get Tickets
- Details
DUDE, WAA’S MY PHONE? MET Jeremeo Le Cordeur
REGISSEUR: Dean van der Ventel
VERVAARDIGER: Vulture Productions in samewerking met NATi en KKNK Jou gunsteling-dude, Dean September, is terug, maar sy foon is weg en skielik maak die wêreld nie meer sin nie.
Met die hulp van sy vriende, gespeel deur die stemkunstenaars Dean Balie, Veronique Jephtas, Lee Roodt, Chenal Kock – en ’n spesiale verskyning deur #OumaLilly — ontdek Dean blitsvinnig dat sy wêreld nie meer sin maak sonder sy foon nie.
Die produksie is meer as net ’n teateropvoering.
Dit dien as ’n medium waarmee Jeremeo en sy span moeilike sosiale kwessies ondersoek deur middel van die kunste.
Soos Dean sy foon opspoor, kry die gehoor insig in die positiewe sowel as die negatiewe uitwerking van digitale media—van blootstelling aan virtuele kennis tot prosesverslawing.
Tydsduur: 65 minutes
Geen ouderdomsbeperking
Feesnavrae: [email protected] +27 61 5209041
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees