Eerste van Alles | Komedie

Sun. 9 Aug, 2026 2:00pm - 3:15pm SAST
Geen onder 13
92 days away
Geen onder 13
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
92 days away
Geen onder 13
Event Description


Eerste vir alles: ’n Komiese kyk op liefde, huwelik en die eerste paartjie ooit


Met: Frank Opperman en Margit Meyer-Rödenbeck


Teks en regie: Wessel Pretorius
Verhoogbestuur: Wicus Louw


Eeue nadat hulle uit die paradys gesmyt is, sit Adam en Eva en besin oor die huwelik – en dit was nog nooit maklik om die oorspronklike paartjie te wees nie.


Alles moes vir die eerste keer uitgepluis word: liefde, kinders en saamleef.


Nou dat die laaste kind die huis verlaat het, sit hulle weer met net mekaar – en heelwat onuitgesproke dinge.


Na ’n leeftyd van goed en kwaad het Adam en Eva vir oulaas ’n appeltjie om te skil, en moet hulle besluit of hulle kans sien vir nóg ’n honderd jaar saam.


Eerste vir alles is ’n skerp en humoristiese komedie oor verhoudings, vergifnis en die uitdagings van saam oud word – veral as een die ander nog ’n ribbebeen skuld.


Tydsduur: 75 min
Ouderdomsbeperking: Geen kinders onder 13





Kaartjienavrae:


Telefoon: 012 880 26 35


e-pos: [email protected]


www.kalfiefees-hermanus.co.za  


Werksure:


Maandag tot Vrydag: 9vm to 5nm


Saterdae: 10vm to 2nm


Sondae: 10vm to 1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm

Reserve Tickets
Algemene toegangskaartjie R200.00
Venue Details
Map of Venue Location.
Grobbelaarsaal Marine Drive
Hermanus, Wes Kaap 7200
Join the Conversation

Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees