ELVIS BLUE

Sat. 30 Jun, 2018 at 7:00pm SAST
All Ages
Price: R170.00
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
Price: R170.00
All Ages
Event Description


ELVIS BLUE BIOGRAFIE
Met 2016 wat weer ‘n wenjaar was vir Elvis Blue, kan ‘n mens net wonder wat 2017 mag inhou! Laasjaar het sy 9de studio album en tweede album in sy moedertaal, “Êrens in die middel van nêrens” , Platinum Status bereik en hom die vir hom die meeste Ghoema toekennings van enige kunstenaar ooit ingewin.
Met album verkope wat nou die 350 000 merk oorskry, en ‘n gemiddeld van 130 optredes per jaar, bly Elvis een van die hardwerkendste en besigste kunstenaars in Suid Afrika, met sy passie om sy musiek by ieder en elk uit te bring ‘n sterk dryfveer. Sy gewildheid steek ook aan sy vermoë om aanklank te vind by oud en jong, Engels en Afrikaans en om reg oor hierdie twee genres kwaliteit musiek te kan maak. Dit is moontlik omdat Elvis self al die pad van beide voorspoed en teespoed gestap het, wat hom die plat op die aarde aanslag in sy musiek gee waarmee soveel mense van elke sfeer van die lewe kan identifiseer.
Elvis het ‘n huishoudelike naam geword as die wenner van die SA Idols kompetisie wat onselfsugtig sy wengeld met die L’loyd Cele gedeel het wat die tweede plek verwerf het. Sy eerste album na die wen van die kompetisie het binne 28 dae ná vrystelling reeds goue status bereik en ‘n paar maande later het die album platinum-status bereik en is met ‘n SAMA bekroon vir Beste Volwasse Kontemporêre Album. Die opvolg album, genaamd Journey is met nie minder as 3 SAMA-pryse in 2013 bekroon nie, naamlik Manlike Kunstenaar van die Jaar, Album van die Jaar en Liedjie Van Die Jaar vir Lifeline. Met Afrikaans het Elvis weereens met die louere weggestap by die SAMA-toekennings, toe dit bekroon is as die Beste Afrikaanse Volwasse Kontemporêre Album. Hierdie album het Elvis sommer op dag een van uitryk die eerste Afrikaanse sanger gemaak wat daarin kon slaag om op die Top Tien in die iTunes Stores te pryk. Afrikaans het ook Album van die Jaar en Beste Manlike Kunstenaar by die Ghoema Toekennings in 2014 ingepalm. Daarbenewens het Afrikaans ook die Huisgenoot Tempo-musiektoekenning vir Beste Kontemporêre Album ontvang in 2014 en het in September van laas jaar reeds Platinum status bereik. Elvis is ook in 2015 deur sy eweknieë vereër in die wen van die Wawela Musiek toekenning vir Beste Manlike kunstenaar en Komponis – ‘n gesogte toekenning deur SAMRO uitegryk.
Nog ‘n 2015 hoogtepunt vir Elvis was sy samewerking met die doyenne van Afrikaanse musiek, Laurika Rauch. Onder die direksie van Deon Opperman, het hulle produksies Hart en See reeds reg oor die land opspraak gemaak en kan ook selfs op DVD gesien word. Die produksies, wat ook vir ‘n Kanna genomineer is, het die kategorie vir “Beste Live DVD” by die 2016 Ghoema’s gewen. Tesame met Ghoemas vir Beste Luitoon, Manlike kunstenaar van die jaar, Beste liedtjie skrywer, Beste kontemporêre album deur ‘n manlike kunstenaar en Album van die Jaar vir “Erens in die middel van nêrens” en Beste musiek video vir “Die Hemel” het Elvis
met 7 Ghoema’s ‘n rekord gebreek as kunstenaar met die meeste Ghoemas ooit. Dit was ‘n besige jaar met die vrystelling van ‘n Engelse album genaamd “Optics”, met die enkelsnit “The Tide” ‘n vars, unieke aanslag van ‘n kunstenaar wat lank reeds ‘n lewende legend in die bedryf geag kan word.
Hy is ‘n man met ‘n groot hart, wat ook bekend is vir sy aanwending van sy media platform vir liefdadigheids werk. Elvis is ‘n ambassadeur vir CANSA en doen veel om bewustheid te kweek. Vele hospice patiente sal getuig van sy onverwagse invalletjies by behandelings sentrums reg oor die land, kitaar in die hand. Verder beywer Elvis hom ook vir Casterbridge Musiek Akademie waar minder bevooregte kinders aan musiek en instrumente bloodgestel word, asook vir Life Community Services in George waar baie kinders se lewens aangeraak word. Sy eie initiatief, genaamd “The Cookiejar”, maak dit moontlik vir enige een wat ‘n optrede bywoon om ‘n direkte verskil te maak deur ‘n eenvoudige bydrae van los kleingeld en in 2016 het Elvis en sy span meer as R90 000 ingesamel vir spesifieke Projekte!
Die gewilde oorspronklike produksies Kaal wat reeds in Gauteng opspraak gemaak het is in 2017 by al die groot kunstefeeste te siene, en Elvis werk reeds hard aan sy nuwe album, wat op 28 April vrygestel sal word.
Vir verdere navrae kontak: ....
Kona Brown
083 456 3341
[email protected]

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Centurion Teater/Theatre 123 Amkor Road
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre