Everest Wealth Lewe Plus Ekspo - The Maslow, Time Square in Pretoria

Multiple Dates & Times
All Ages
All Ages
  • Reserve
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description
Everest Wealth Lewe Plus Ekspo - The Maslow, Time Square in Pretoria

Everest Wealth Lewe Plus Ekspo - The Maslow, Time Square in Pretoria


Beeld, Rapport en Netwerk24 stel die eerste Everest Wealth Lewe Plus Ekspo bekend op 10 en 11 Junie 2023.


Welbekende gassprekers gee wenke, raad en leiding oor hoe om voor te berei op jou aftrede.


Kom kry waardevolle inligting by ‘n verskeidenheid stalletjies.


Riaan Grobler, ’n omroeper van PTA FM, is die seremoniemeester.  Kom geniet ook vermaak deur twee van Suid-Afrika se voorste kunstenaars, Jannie Moolman en Corlea Botha.


Danksy vele navrae is daar nou ook  ‘n naweekkaartjie beskikbaar vir toegang vir beide dae. Dit kos R200.


Sou jy reeds jou dag kaartjie gekoop het en graag vir opgradeer na ’n naweekkaartjie, help Tixsa jou met die opgradering.


 


PROGRAM:


SATERDAG 10 JUNIE


10:00   Deure open


10:30   Corlea 


11:15   Everest Wealth-paneelgesprek: Everest Wealth


12:00   Beeld-paneelgesprek: Finansies: Op pad na aftrede of reeds daar: slaggate en geleenthede


Barnard Beukman gesels met twee kenners: Martin Riekert, Momentum Beleggings se hoof van kleinhandel-beleggings wat bewese ervaring in aftree-voorsiening het, en dr. Fanie Joubert, senior lektor in ekonomie aan Unisa wie se doktorsgraad oor “vrywillige huishoudelike spaar” gehandel het.


14:00   Beeld-paneelgesprek: Familie: Impak van die pad na aftrede


Barnard Beukman gesels met dr. Melodie de Jager, opvoedkundige sielkundige, en een van die land se voorste kenners oor menslike ontwikkeling van ’n jong tot gevorderde ouderdom. 


14:30   Jannie Moolman


15:00   Inova Pharmaceuticals


15:30   Netwerk24-paneelgesprek - Medies & Welstand


Faktore om in ag te neem met die kies van ’n mediese fonds en gesondheidsplan. Watter eenvoudige leefstyl gewoontes kan jy maak om te verseker dat jy so lank as moontlik so gesond en sterk as moontlik bly? Netwerk24 se hoofredakteur, Henriëtte Loubser, en sakejoernalis Arisa Schamrel gesels met dr. Angelique Coetzee, voorsitter van die gesondheidskomitee van die Suid-Afrikaanse Verenigde Sakekonfederasie; Johann Els, biokinetikus en stigter en uitvoerende direkteur van Medicise South Africa Inc.; asook Nicole Lombaard, senior konsultant in gesondheidsorg van Alexander Forbes.


16:30   Afsluiting


 


SONDAG 11 JUNIE


10:00   Deure open


10:30   Rapport-paneelgesprek:  Die Groot Groet: Die effek van emigrasie op die wat bly


Dr. Sulette Ferreira, 'n familieterapeut wat spesialiseer in berading rondom emigrasie, gesels met Liezel de Lange van Rapport oor die groot stap.


11:00   Jannie Moolman


12:00   Rapport-paneelgesprek: Politiek & Ekonomie


Rapport se redakteur, Inge Kühne in gesprek met Tim du Plessis, oudredakteur van Rapport en Ryk van Niekerk, aanbieder van RSG Geldsake en redakteur van Moneyweb.


13:00   Inova Pharmaceuticals


14:00   Rapport-paneelgesprek: Beplanning vir verblyf


Riana de Lange, senior sakeverslaggewer, in gesprek met Nico van Gijsen, skrywer van die Raad met jou rande-rubriek. Nico is besturende direkteur van Finlac en 'n Gesertifiseerde Finansiële Beplanner, CFP® 


15:00   Corlea 


16:00   Ekspo eindig


 


Koop vandag nog jou kaartjie!




Vir enige kaartjienavrae kontak TIXSA:


012 880 26 35 /[email protected]


Werksure:


Maandag: Vrydag 9vm – 5nm


Saterdag: 10vm – 2nm


Sondag: 10vm -1nm


Publieke Vakansiedae: 10vm – 1nm

Comments
Select Tickets
Sorry, there are no upcoming events in this series.
Venue Details
Map of Venue Location.
The Maslow Time Square 209B Aramist Avenue
Pretoria, GP 0181