FRANJA DU PLESSIS & RUAN JOSH

Thu. 17 May, 2018 at 7:00pm SAST
All Ages
All Ages
  • Get Tickets
  • Details
Event Stats
All Ages
Event Description

 


 


 


 



 FRANJA DU PLESSIS
Franja is ‘n 24 jarige sangerers, liedjieskrywer en aktrise. Sy neem van skool af deel aan sang en talent aande en in matriek neem sy deel aan haar skool (Hoërskool Die Wilgers) se revue, en speel die hoofrol, Leika.Franja het al opgetree regoor die land in konserte soos Afrikaans is Groot (2013) en Gospel Skoup sel in Kaapstad (2013). Franja was ook in 2013 te sien in die fliek “As jy Sing” en vertolk een van die hoof karakters, naamlik Marna. Sy het die liedjie “In twee geskeur” spesiaal geskryf vir die fliek “As jy Sing”.
Franja is ook ‘n liedjieskrywer en het help skryf aan die volgende liedjies van Juanita du Plessis:
1. Om jou pinkie – “Jy voltooi my”
2. Kaalvoetkind – “Jy voltooi my”
3. Aanhou om aan te hou – “Toe staan die wêreld stil”
4. Hou op soek – “Toe staan die wêreld stil”
Franja het musiek en programmering aan die Berkeley universiteit van Kalifornie gestudeer.
Franja se debut album “My Verhaal “ is op 24 Junie 2016 vrygestel, met 16 oorspronklike liedjies, uit
haar eie pen. “My Verhaal” het na slegs 4 maande Goue Status bereik met verkope oor die 15 000
eenhede. Franja se eerste enk elsnit “Stad van verlange” pryk op talle radio speellyste en haar musiek video hetreeds oor die 400 000 “kyke”.
Stad van verlange musiek video: 591 000 youtube views / 19 weke op die KYKNET
Stad van verlange – Charts: Bosveld stereo Top 20 NR1
Groot FM Top 20 NR1
IFM Top 30 NR 1
Bok Radio Top 40 NR 1
RSG TOP 20 – 9 weke op chart met Stad van Verlange
Maroela Media Top 20 NR 1
Toekennings: Ghoema 2017 Nuweling van die Jaar
Vroulike Kunstenaar
VCR – TOP 20 – Stad van Verlange


Ruan Josh is ‘n 27 jarige sanger, akteur en besigheidsman. Hy neem van skool af deel aan kompetisies en produksies en word in 2007 aangewys as die Beste Byspeler in die ATKV se Nasionale Tienertoneel kompetisie by Aardklop toe hy deel gevorm het van Hoërskool Die Wilgers se stuk “Reis, Vleis en Gebakte klippe”.Ruan het al regoor die land opgetree in konserte soos Afrikaans is Groot (2013) en Gospel Skoupsel in Kaapstad (2013). Ruan was ook te sien in die verhoogproduksie “Droomkind – Die storie van Josef”.
Ruan help ook skryf aan die volgende Juanita du Plessis liedjie:
Kaalvoetkind – “Jy voltooi my”
Ruan was deel van die Afrikaans is Groot (2014 & 2015) produksie in Pretoria sowel as Kaapstad (2014 & 2016) as ‘n agtergrondstem. Asook Innibos Hoofverhoog (2015 & 2016)
Ruan Josh se debuut album “Eggo” IS 24 Februarie 2017 vrygestel. Na meer as 2 jaar in wording, is die aanvraag na sy debuut album groot. Die album sluit meer as 14 nuutgeskrewe liedjies in uit die pen van onder meer: Johan Oberholtzer, Franja du Plessis, Rudi Claase en Juanita du Plessis.
Ruan is gebore as Ruan Joshua du Plessis en het besluit om onder die Ruan Josh naam te sing vanweë sy korporatiewe verantwoordelikhede as besigheidsman. “Dis vir my 2 verskillende wêrelde en wil hulle graag apart hou. Ek geniet albei ewe veel en voel ek wil nog baie gee in beide wêrelde”
Ruan het ‘n B-Com Graad in Besigheids Bestuur en bekleë ook die algemene Bestuurs pos in 2 firmas naamlik WOW Music Distribution en Juanita Records.
“Musiek is soos asemhaal vir my, dis deel van my wese en ek glo musiek spreek oor alle grense heen. Dis hoekom ek net wil reis en by almal uitkom en my musiek deel. Ek kan nie wag nie.”



BESPREKINGS: [email protected] / 27 83 953 1356
BESTUUR: Juanita Records CC

Comments
Select Tickets
Sorry, this event has already taken place.
Venue Details
Map of Venue Location.
Centurion Teater/Theatre 123 Amkor Road
Centurion, Gauteng 0157
Join the Conversation

Follow the event with #CenturionTheatre