Frank Opperman - Donkie
- Get Tickets
- Details
Frank Opperman is terug met ‘n splinternuwe eenmanvertoning en dit beloof om gehore nog meer aan te gryp en te laat lag as in enige van sy vorige vertonings.
In “Donkie” ontmoet ons mnr. Barry Swart, 58-jarige hoof van die Hoërskool Hans Oosthuizen, ’n voormalige model C-skool. “Donkie” is die bynaam wat almal vir die skoolhoof gebruik.
Mnr. Swart is ’n man onder druk. Daar was ’n berig in ’n Sondagkoerant oor hoe die eens trotse Hoërskool Hans Oosthuizen besig is om agteruit te gaan. Die leerlinge se akademiese prestasie is nie na wense nie en die eerste rugbyspan het vyf wedstryde agtereenvolgens verloor.
Daar is ook ernstige probleme met die leerders se dissipline en boonop was daar ’n “voorval” in een van die klasse.
Ook lyk dit of Afrikaans dalk een van die dae nie meer die onderrigtaal by die skool sal wees nie. Die Beheerliggaam sowel as sommige ouers en onderwysers eis mnr. Swart se kop.
Mnr. Swart oorweeg om te bedank, maar dan, een Maandagoggend tydens saalopening, besluit hy om sy kant van die saak te stel.....