Gé Sing - Hoor my lied | Sang en Musiek
- Get Tickets
- Details

Gé sing: Hoor my lied!
’n Aangrypende huldeblyk aan een van Suid-Afrika se grootste musikale legendes
Met: Andrè Schwartz, Louis Loock, Arina de Witt en Stephanie Baartman
Dit is bykans drie dekades sedert die legendariese stem van Gé Korsten, Suid-Afrika se eerste ware superster, stil geword het. Nou word sy buitengewone lewe en nalatenskap gevier in Gé sing: Hoor my lied!, ’n huldeblykproduksie deur Frans Swart.
Hierdie unieke produksie kombineer oudiovisuele argiefmateriaal met sy wye repertoire en bied ’n omvattende blik op Korsten se lewe as kunstenaar, mentor, gesinsman en pionier van Suid-Afrikaanse musiek en opera.
Vier van die land se voorste kunstenaars bring sy ikoniese musiek op ’n vars en emosioneel gelaaide wyse tot lewe, begelei deur ’n volle orkes onder leiding van musiekregisseur Chanie Jonker. Van sy nederige begin tot internasionale sukses en ’n loopbaan van meer as vier dekades, word sy storie met deernis en respek vertel.
Hierdie produksie beloof ’n aand van elegante, hoë-gehalte vermaak vir die hele gesin – ’n viering van ’n legende wie se stem en invloed steeds weerklink in die hart van Suid-Afrikaanse kultuur.
Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: [email protected]
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm
- Instagram: @kalfiefeeshermanuskunstefees
Follow the event with #kalfiefeeshermanuskunstefees
